Kenny Williams

Kenny Williams beskryf homself as ’n doodgewone outjie wat al vir 32 jaar in die onderwys is. “Ek skryf al van skooldae af, maar het nog niks gepubliseer nie. Ek beplan egter om binnekort my eerste bundel uit te gee.” Kenny skryf in AfriKaaps, meestal oor sy moeilike grootwordjare: “Ek is ’n Flatse boytjie wat in die hartjie van Afrikaans gebore is – die Paarl.” “Ek skryf wat ek wil en noem myself ’n ‘vryheidskrywer’ wat nie bang is om sensitiewe onderwerpe aan te vat nie,” sê Kenny. Hy het al oor die 70 gedigte geskryf maar het hom deur Marita van der Vyver laat oortuig om hom in die vreemde waters van kortverhale te begeef omdat mens daarin wyer met woorde kan omgaan. Die sukses van Kenny se aansoek vir die Kommadagga-slypskool is soveel te meer spesiaal omdat hy onlangs Zelda la Grange se Goeiemôre, mnr. Mandela gelees het, waarin sy groot lof het vir Jakes Gerwel se bydrae tydens die Mandela-era: “Ek het weereens besef wat ’n reus Gerwel was, en nou word ek genooi deur die stigting wat sy naam dra. Die gevoel binne my is onbeskryflik.” Te midde van die Covid-19-pandemie, is daar nou weer ’n “huppel in sy knuppel”. Kenny grap: “Afrikaans my nou! Afrikaans my vir altyd! Afrikaans my tot die kis sak!”

Sinkhokkie mense

Die wolke pak saam en die donderbuie bult spiere, want dis winter inni Paarl. Yskas voete en sopnat komberse Bibberend bewe en bewegingloos. Lees die gedig hier: