Lynthia Julius

Lynthia Julius is gebore op Springbok, het grootgeword in Kimberley en woon tans in Bloemfontein. Sy het ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en is besig met haar meestersgraad. In 2018 is sy as wenner bekroon in die AVBOB-digkunskompetisie in die Afrikaanse taalkategorie. Uit die kroes is haar debuutdigbundel en sy het hieraan gewerk tydens die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie van 2019. Uit die kroes roep ’n Noord-Kaapse leefwêreld op met onder meer Namawoorde wat in van die verse geïnkorporeer word. Gedigte wissel tussen, aan die een kant, ’n baie persoonlike ruimte en fokus en, aan die ander kant, die historiese ruimte van vroue waarvan daar bykans in die hede nie meer enigiets onthou word nie. Deur Lynthia se vindingryke gebruik van woorde tree die verse ook in gesprek met werke van ander digters, sonder om in te boet op die bekoring van woorde wat uit die hart met gewone mense praat.

Lynthia Julius: Kinderlê

Lof vir Kinderlê: “Kinderlê is ’n offer van teerheid. Julius besing, bely, breek en berou met dié bundel wat wys waarom sy so ’n belangrike stem is.” Ronelda Kamfer “Hierdie […]