Nathan Trantraal

Nathan Trantraal, digter, vertaler en rubriekskrywer, is in Kaapstad gebore en getroud met die eweneens bekende digter Ronelda S. Kamfer. In 2008 publiseer Tafelberg die grafiese roman Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit waarvan hy mede-outeur is. Sy debuutdigbundel Chokers en survivors wat in Kaaps geskryf is, het ’n ATKV-Woordveertjie in 2014 gekry en is die jaar daarna met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede digbundel Alles het niet kom wôd het in 2017 verskyn. In 2018 verskyn Nathan se Kaapse vertaling van ’n jeugboek van die bekroonde Amerikaanse skrywer, Jason Reynolds, onder die titel Lang pad onnetoe asook Wit issie ’n colour: Angedrade stories, ’n bundel rubrieke en ander kort stukke. Nathan het onlangs sy meestersgraad aan die Universiteit van Rhodes voltooi. Oolog, wat in 2020 verskyn het, is Nathan se derde digbundel en die werk waaraan hy geskaaf het tydens sy skrywersresidensie by Paulet Huis in 2019. Die residensie is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. In Oolog staan konflik, geweld en oorlogvoering, of dit op nasionale, internasionale, plaaslike of persoonlike vlak gebeur, sentraal. Deur die sterk metriese moontlikhede van Kaaps tot die uiterste te ontgin, verseker Nathan dat die leser nie kan ontsnap aan die geweld van die stories en beelde in sy digterlike visier nie. Tog is daar in hierdie donker werk ’n teenbalans van humor, ligte oomblikke, deernis en menslikheid.

Nathan Trantraal: Die man wattie kinnes vang

Die man wattie kinnes vang – Nathan Trantraal Fiksie  –  Romans NB Uitgewers R 290 (Graffiti Boeke) https://www.graffitiboeke.co.za/af/391427/Boeke **Afrikaanse grafiese roman** In 2021, is Damian De Jong biesag mette boek oo […]

LitNet Stemme: Franklin

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien […]

Die Teaterprojek Stemme word op LitNet vrygestel

“Zubayr Charles, wat LitNet se Kommadagga-slypskool voltooi het, het Haram geskryf. Quanita Adams was die regisseur en Bianca Flanders en Marunzo Thomas in die rolverdeling. Zubayr sê: Om by Suid Afrika se […]