Ryan Pedro

Ryan Pedro is in 1993 gebore en het sy grootwordjare in Kakamas en langs die Weskus deurgebring. Hy woon tans in Gordonsbaai saam met sy lewensmaat. Van sy gedigte het in Nuwe Stemme 6 verskyn en hy het aan sy debuutbundel pienk ceramic-hondjies gewerk tydens die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie van 2019. In pienk ceramic-hondjies maak die leser kennis met die vars en nuwe stem van Ryan Pedro wat skryf oor ’n leefwêreld wat in die Suid-Afrikaanse letterkunde nog bykans onaangeroer is. Die gedigte word dikwels vanuit die oogpunt van ’n plattelandse bruin kind in sy vormingsjare aangebied. Blootstelling aan verskillende wêrelde binne die familie-opset of dié van ’n klein dorp bied ’n blik op die vloeibaarheid van identiteit en die kompleksiteite wat meegebring word deur ras, klas en opvoeding. Die verskillende leefwêrelde word ook sigbaar gemaak met verskillende taalvariëteite wat in die verse voorkom. ’n Unieke stem vanuit ’n nuwe generasie skrywers tree toe tot die Afrikaanse poësie in hierdie bundel.

Driekuns/Hat-trick 2023: Kirby van der Merwe en Eugene

Jan Rabie-Rapport-prys 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe Wenner: Kirby van der Merwe vir Eugene (Human & Rousseau) Commendatio: Ryan Pedro Kirby van der Merwe se Eugene is ’n roman wat skok, vermaak, uitdaag en […]