Tina Kruger

Tina Kruger is ervare in alle aspekte van televisie, vanaf speel voor die kameras, regisseurswerk en vervaardiging tot skryf vir die televisie en films. Tina het ʼn entoesiasme vir skryf en het verskeie sepies, dramareekse, jeugprogramme en ook vollengte en kortfilms op haar kerfstok. Sy het reeds die ontwikkeling, vervaardiging, uitsaai en verspreiding van meer as dertig plaaslike televisiereekse, twintig vollengte films, sestig kortfilms en vier internasionale medevervaardigde produksies behartig. Dit sluit die films in Vir die Voëls en Leading Lady asook die TV-reekse Getroud met Rugby en Sterlopers. Tina geniet dit om jong filmmakers te mentor, sy het ʼn grondige kennis van die plaaslike mark en sy leef daarvoor om eerlike, kragtige en oorspronklike Suid-Afrikaanse stories wat oor grense strek, te vertel.