A place where stories unfold

Blom die lesers soos die boeke?

Jakes Gerwel-gespreksreeks by die Suidoosterfees
Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV

In samewerking met NB-Uitgewers

Met Fiona van Kerwel, Crystal-Donna Roberts en Thérèse Hulme

Die letterkunde blom, ook vir jong lesers. Skrywers ken hulle mark en weet hoe om stories op te dis wat tot lesers spreek. Daarvan getuig Crystal Donna Roberts, voormalige deelnemer aan ’n Jakes Gerwel Stigting-mentorskap, se suksesvolle Speurder Sammi-reeks. So ook spreek Fiona van Kerwel se versamelbundel Leë blikkies vol liefde en ander verhale tot jong lesers. Maar as ’n mens kyk na die geletterdheidskrisis in die land, wonder jy of kinders werklik lees. Of is die leserstal besig om te klim soos wat die boeke meer word? Thérèse Hulme, skrywer van Praat jy! en fasiliteerder van die Jakes Gerwel Stigting se narratiewe leerprojek vir leerders van die Kaapse Vlakte, lei die gesprek.

27 April 11:30 | ATKV-Innovasiespasie | 60 min | Afr | Gratis

Bespreek jou plek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542376108

Wat jy moet weet

  • Toegang tot die gesprek is gratis, maar om jou sitplek te verseker, moet jy deur Webtickets bespreek en jou kaartjie by die ingang wys.
  • Boekverkope vind by die venue plaas en skrywers sal na afloop van die sessie boeke teken.
  • Kom vroeg vir ’n gratis koppie koffie en kom deel in die gesprek – voor, tydens en na die tyd.

Jakes Gerwel Discussions at the Suidoosterfees
Presented by the Jakes Gerwel Foundation and the ATKV

Blom die lesers soos die boeke?

In collaboration with NB Publishers

With Fiona van Kerwel, Crystal Donna Roberts and Thérèse Hulme

Literature is flourishing, also for young readers. Writers are in tune with their markets and know what to dish up. Testimony to this is the successful Speurder Sammi series by Crystal Donna Roberts, former attendee of a Jakes Gerwel Foundation mentorship programme. Fiona van Kerwel’s collection Leë blikkies vol liefde en ander verhale also appeals to young readers. But if you look at the literacy crisis in the country, you may well ask: Do children really read enough? Or are the number of readers growing as more books are published? Thérèse Hulme, author of My word! and facilitator of the Jakes Gerwel Foundation’s narrative learning initiative in the Cape Flats, leads the discussion.

27 April 11:30 | ATKV Innovation Lounge | 60 min | Afr | Free

Book your ticket here: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542376108

What you need to know

  • Entrance to the discussion is free, but to secure your seat, it is crucial to book your ticket through Webtickets and present it at the door.
  • Books will be on sale at the venue and the authors will sign your copy after the talks.
  • Join us for a cup of coffee – on the house – and be part of the conversations!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *