Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
Die Jakes Gerwel-gesprekreeks word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.
Alle gesprekke is gratis, maar bespreek jou sitplek by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Boeke van die betrokke skrywers sal deur Wordsworth by die venue verkoop word
Moerstaāl
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Loit Sōls en Veronique Jephtas
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Loit Sōls skryf in Moerstaāl, waaraan hy tydens die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se residensie in 2022 gewerk het, oor sy voorsate en die eerste mense aan die suidpunt van Afrika. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Veronique Jephtas, wat ook voorheen by die Stigting se skrywerhuis aan haar debuutbundel, Soe rond ommie bos, gewerk het, gesels met Loit.
Moerstaāl – Loit Sōls
ISBN: 9780795710599
Uitgewer: Kwela
Datum Vrygestel: September 2022
Formaat: Sagteband, 96pp
Oor hierdie boek: In Moerstaāl skryf Loit Sōls skryf oor sy voorsate, die Eerste Inheemse mense aan die suidpunt van Afrika. Nie net die inhoud van sy gedigte nie, maar ook sy woordeskat en skryfwyse word deur die erfenis van sy mense verryk. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Sý wat onderdruk en misken is, en wie se bydrae, soos dié van die taal, deur die gedigte herstel word. Sōls se “skryf-stills” klink op in ’n betreuring van verlies, maar ook in ’n strewe na behoud.