Jakes Gerwel-gespreksreeks by die Suidoosterfees
Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
In samewerking met Vriende van Afrikaans
Met Diana Ferrus, Anzil Kulsen, André Hendricks en Chareldine van der Merwe
Hierdie Ommietafel-gesprek fokus op sake wat mans en vroue in ons gemeenskap raak, en die rol wat boeke speel om ons te help om die wêreld beter te verstaan. Chareldine van der Merwe vra die skrywers Diana Ferrus en Anzil Kulsen en die motiveringspreker André Hendricks uit oor die verantwoordelikhede wat ouerskap meebring. Nou, meer as ooit, is dit belangrik dat mans hul plek in gemeenskappe op ’n verantwoordelike manier inneem, terwyl vroue se bydrae tot nasiebou nooit onderskat mag word nie. Die kollig val ook op die kardinale funksie wat boeke speel om sin te maak van die dikwels pynlike werklikhede wat ons in die gesig staar, en hoe probleme in uitdagings omskep kan word.
29 April 14:30 | ATKV-Innovasiespasie | 60 min | Afr | Gratis
Bespreek jou plek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542379693
Wat jy moet weet
- Toegang tot die gesprek is gratis, maar om jou sitplek te verseker, moet jy deur Webtickets bespreek en jou kaartjie by die ingang wys.
- Boekverkope vind by die venue plaas en skrywers sal na afloop van die sessie boeke teken.
- Kom vroeg vir ’n gratis koppie koffie en kom deel in die gesprek – voor, tydens en na die tyd.
Jakes Gerwel Discussions at the Suidoosterfees
Presented by the Jakes Gerwel Foundation and the ATKV
Wat is jóú storie?
In collaboration with Vriende van Afrikaans
With Diana Ferrus, Anzil Kulsen, André Hendricks and Chareldine van der Merwe
This roundtable discussion focuses on issues affecting men and women in our communities, and the role books play in helping us better understand the world. Chareldine van der Merwe is in conversation with authors Diana Ferrus and Anzil Kulsen, and motivational speaker André Hendricks about the responsibilities associated with parenthood. Now, more than ever, it is important that men assume their responsibilities in communities in an accountable manner, while the contribution of women to nation building should never be underestimated. The important function of books in helping us face and make sense of often painful realities, and the way it empowers us to turn problems into challenges, are also highlighted.
29 April 14:30 | ATKV Innovation Lounge | 60 min | Afr | Free
Book your ticket here: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1542379693
What you need to know
- Entrance to the discussion is free, but to secure your seat, it is crucial to book your ticket through Webtickets and present it at the door.
- Books will be on sale at the venue and the authors will sign your copy after the talks.
- Join us for a cup of coffee – on the house – and be part of the conversations!