We use cookies to optimize our website and our service.
Andrico Goosen het hom reeds in sy nagraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch toegespits op kontemporêre Suid-Afrikaanse poppe- en voorwerpteater. In 2016 begin hy saam met ander kunstenaars die toneelgeselskap The Loft Puppet Company wat kinder- sowel as volwasse gehore teiken. In 2019 is die geselskap se Beloofde Land | Promised Land benoem vir ’n kykNET Fiësta-toekenning vir beste teaterontwerp. Ander optredes in poppespel sluit Janni Younge se Firebird in asook Huppelkind wat in 2020 benoem is vir ’n Woordtrofee vir beste ensemble. Andrico is ook te sien as akteur in film- en televisieproduksies soos Boland Moorde, Sara se Geheim, Kanarie en Die Spreeus. In 2017-2018 het hy deelgeneem aan die Debuutprogram van Business and Arts South Africa (BASA) en verwerf hy ook ’n bedryfsertifikaat in bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling.