Congratulations André Trantraal
André Trantraal, who participated in the Jakes Gerwel Foundation / PEN Afrikaans Writers’ Residency 2020 is a South African Literary Awards / Children’s Literature award winner for his book Keegan […]
We use cookies to optimize our website and our service.
André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler wat met sy werke wat in Kaaps en Engels verskyn vinnig besig is om sy merk in die Suid-Afrikaanse letterkunde te maak. Sy strokiesprente het in die Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus en Cape Times verskyn en dis reeds in Kaapstad, Hamburg en Amsterdam uitgestal. André se Engelse vertalings van gedigte wat deur sy broer Nathan Trantraal geskryf is, is in die New England Journal gepubliseer. Hy is die ook mede-outeur van die strokiesprentboeke Stormkaap Drome kom altyd andersom uiten Coloureds. Tydens die skrywersresidensie by Paulet Huis in 2020, wat deur die Jakes Gerwel Stigting in vennootskap met PEN Afrikaans aangebied is, het André onder meer aan die vierde boek in sy reeks vir beginnerlesers – Keegen en Samier – gewerk. In Die nuwe vriend is daar ’n nuwe meisie, Alysha, in die skool. Keegan hou baie van haar, maar die tweeling, Samier en Samia, is omgekrap daaroor dat Alysha beter in alles vaar as Samia. Keegan probeer om die vrede tussen al sy vriende te bewaar.
André Trantraal, who participated in the Jakes Gerwel Foundation / PEN Afrikaans Writers’ Residency 2020 is a South African Literary Awards / Children’s Literature award winner for his book Keegan […]