A place where stories unfold

Congratulations André Trantraal

André Trantraal, who participated in the Jakes Gerwel Foundation / PEN Afrikaans Writers’ Residency 2020 is a South African Literary Awards / Children’s Literature award winner for his book Keegan & Samier #3: Die strokiesprent-kompetisie. (ISBN (3): 978 0 7993 9770 3 Publisher: Lapa) The Keegan & Samier stories have won multiple awards.

In its 17th year, the wRite Associates and the Department of Arts and Culture award the SALAs annually to celebrate literary excellence. This prize pays “tribute to South African writers who have distinguished themselves as groundbreaking producers and creators of literature, while celebrating literary excellence in the depiction and sharing of South Africa’s histories, value systems, philosophies and art as inscribed and preserved in all the official languages of South Africa.”

“In Keegan & Samier #3, Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!

Keegan kry die geleentheid om ‘n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer – en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde … maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry …

Hierdie reeks vul ‘n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.” LAPA

In hierdie 2021 LitNet onderhoud – toe hy ‘n SALA wen vir Keegan & Samier #2 – is André Trantraal in gesprek met Naomi Meyer oor sy suksesvolle strokiesprent reeks.

André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler wat met sy werke wat in Kaaps en Engels verskyn vinnig besig is om sy merk in die Suid-Afrikaanse letterkunde te maak. Sy strokiesprente het in die Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus en Cape Times verskyn en dis reeds in Kaapstad, Hamburg en Amsterdam uitgestal. André se Engelse vertalings van gedigte wat deur sy broer Nathan Trantraal geskryf is, is in die New England Journal gepubliseer. Hy is die ook mede-outeur van die strokiesprentboeke Stormkaap Drome kom altyd andersom uiten Coloureds. Tydens die skrywersresidensie by Paulet Huis in 2020, wat deur die Jakes Gerwel Stigting in vennootskap met PEN Afrikaans aangebied is, het André onder meer aan die vierde boek in sy reeks vir beginnerlesers – Keegen en Samier – gewerk. In Die nuwe vriend is daar ’n nuwe meisie, Alysha, in die skool. Keegan hou baie van haar, maar die tweeling, Samier en Samia, is omgekrap daaroor dat Alysha beter in alles vaar as Samia. Keegan probeer om die vrede tussen al sy vriende te bewaar.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *