Verbeel jou ’n kamer vol vreemdelinge—professore, aspirant-digters, en afgetrede onderwysers—wat almal honderde kilometers gereis het om in een plek te vergader, want hulle glo steeds dat woorde die mag en die magiese vermoë het om die wêreld te verander.
Aan die einde van Mandela-maand, het die Nelson Mandela Universiteit se Fakulteit van Tale ’n unieke skrywerswerkswinkel aangebied in Gqeberha, Port Elizabeth; wat agtien belowende en opkomende skrywers bymekaar gebring het met sommige van ons literêre wêreld se mees vereerde en gevestigde skrywers, soos Allen Grootboom, Vincent Oliphant, dr. Dewald Koen, prof. Marius Crous, Selwyn Millorrow en meer.
Die doel van hierdie werkswinkel? Om die wenke—, die struikelblokke—, en die toekoms van Suid-Afrikaanse letterkunde te bespreek, en te bevorder. Die werkswinkel, getiteld “Kus Tot Kwanojoli,” het ’n ruimte geskep wat gevul was met passievolle dialoog en poëtiese eksplorasies, waar ons kreatiewe nuuskierigheid daagliks gevoed was. Die werkswinkel was op ’n manier, ’n brug tussen twee generasies; ‘‘’n vrugbare spasie waar die jong stemme en die ou hande die mees belangrikste vrae van ons literêre wêreld kon bespreek: Hoe ontwikkel jy jou storie vir ’n manuskrip? Wat is die pros and cons van self-publikasie? Hoe skryf jy vir ’n spesifieke gehoor? Hoe kan jy die rolle van die skrywer, die leser, en die redakteur van jou eie werk gelyktydig vul? Hoe kan jy wegbreek van die norm en jou eie, unieke styl skep, maar steeds getrou bly aan tradisionele taalreëls? (ens.)
Narratiewe Terapie, en die tema van diaspora
Wat is poësie? Is dit dringend? Het ons dit regtig nodig? Vir baie mense is digkuns net sinne wat rym, maar poësie en prosa is meer as net rymskemas en pragtige verse, meer as interessante karakters en storielyne. Hulle funksioneer ook as geskiedenis onderwysers; as argiewe van herinneringe wat openbaar hoe ons geneig is om ons historiese patrone te herhaal. In Vincent Oliphant se skryfwerk, het ons die Kristalnacht ondersoek—“die nag van gebroke glas” in Duits. Die nag was ’n vroeë gebeurtenis in die anti-Joodse-protes in Duitsland, en die skrikwekkende ooreenkomste tussen hoe die Duitse soldate en burgers die vensters van Joodse gesinne gebreek het en hulle uit hul huise gesleep het; was onmiddellik herkenbaar met ons onlangse xenofobiese voorvalle. Dié patroon van herhaalde diasporas, was stadig bestudeer op die eerste twee dae van die werkswinkel.
Een van die paneellede, outeur en akademikus Allen Grootboom, het die onteiening van sy jeug bespreek—’n tyd toe sy familie se eiendom ontneem was tydens Apartheid—en die identiteits kwessies wat dit agterlaat. “Dit voel asof jy alleen staan teen ’n regering,” sê hy, toe hy die gedwonge verskuiwings van sy kinderjare vergelyk met die onlangse anti-immigrasie geweld.
Maar daar is hoop. Skrywers het die unieke vermoë om hul eie stories oor te skryf, veral die einde. Dit staan meer formeel bekend as narratiewe terapie—’n hoogtepunt van die werkswinkel. Elkeen van ons het donker dae, ’n wond of ’n vrees wat ons nie wil oopmaak of erken nie; en narratiewe terapie is presies daaroop gerig. Dis ’n intieme tegniek wat jou kwesbaarheid en moed vereis; om daardie donker dae uit te haal, om die ongemaklike en onaangename verhaal uit jou binneste uit te krap en dit op ’n bladsy—, of ’n skerm neer te skryf.
Allen Grootboom, het die trauma van sy jeug in sy roman, ‘Die Vuur Huil’, uitgedruk. Narratiewe terapie is nie ’n oplossing nie, maar ‘n persoonlike proses wat jy, en ek, en enigeen kan gebruik om jouself te genees, deur jou eie storie te skryf, en te deel.
Die K.I dilemma: Is dit ’n instrument, of ’n bedreiging?
“Ek wens ons kan weer pen en paper gebruik,” sê professor Marius Crous verlangend, wanneer hy praat oor ’n verlies aan egtheid.
Vandag se skrywers veg ’n ander stryd—die stryd vir egtheid in ’n digitale landskap, teen algoritmes en chatbots wat ons stemme en ons talente kan naboots, en sodoende, ons finansiële en eksistensiële waarde en doel saboteer/dreig.
Op ons se laaste dag, het sommige van die werkswinkel se deelnemers die rol van kunsmatige intelligensie deeglik bespreek; die bruikbaarheid daarvan, die etiese aspekte, en of daar ’n toekoms is waar beide man en masjien saam kan bestaan in die publikasiebedryf. Apps soos Claude Fable, kan nou in minder as ’n uur ’n hele roman “skryf”, ’n literêre proses wat die beste skrywers jare geneem het om te meester. Maar wat raak verlore in hierdie spoedige proses? Watter menslike ervarings word uitgelaat? As outeurskap ’n vorm van bewaring is vir ons tale; is K.I dan ’n dreigement vir ons taalkundige erfenis?
Die storie wat ons nie mag verloor nie
Wat van die week-lange werkswinkel ontstaan het, was nie naïewe optimisme, of wanhoop oor die sterfte van die pen en papier era nie; maar eerder ’n gedeelde toewyding en vasberadenheid om kreatiewe inisiatiewe te ondersteun en te bevorder.
Nelson Mandela Universiteit, en die persoon na wie dit genoem is, is dalk die belangrikste voorbeeld van ’n ware, menslike verhaal wat ons nasionale geskiedenis gevorm het. ’n Storie van veerkragtigheid, en eenheid, en vryheid wat ons nie kan bekostig om in die hede—of in die toekoms—te verloor nie. Dis ons verantwoordelikheid as lesers en skrywers om te verseker dat ons stories—met al hul ingewikkeldheid en taalkundige rykdom—oorleef teen alle uitdagings. Dat die pen so lank as moontlik tuis voel in ons palms.
Yuwinn A. Kraukamp is a bilingual writer from the coastal corner of Cape Agulhas, South-Africa. He’s a natural born creative, a former English— and Communications major at the university of the Western Cape, and a patron (saint) of everything that’s artistically unique and beautifully weird in this world. Yuwinn has worked as a freelance columnist for Network 24, and a freelance journalist for The Southern Post Newspaper since 2022. In 2024 he was the third-place winner of the Diana Ferrus poetry prize; and in April 2026 he was the first-place prize winner of the Njabulo S. Ndebele-themed ‘Rediscovering the Ordinary’ poetry competition. His poem Raw/Rou won the third-place prize at the Bridgette James international contest in May 2026. Both his English and Afrikaans poetry has appeared on various platforms such as Litnet, PEN Afrikaans and Versindaba; and has been published within poetry anthologies such as Ons Kom Van Hier and The Avbob Poetry Project.
He became a member of the Jakes Gerwel Foundation’s network of authors and artists, after participating in a writing fellowship in the Eastern Cape in October 2022. In that same year, he was shortlisted for the Nigerian short story contest—Toyin Falola—and became one of two South-Africans whose writing was honorably mentioned at The Future Feminist Awards in California. Yuwinn’s writing focuses on language identity, political transitions, moral complexity, loss, trauma and rebirth. A variety of his short stories have been published in magazines such as Huisgenoot and Kuier, and within collections such as the Short-Sharp-Stories anthology and FicSci. In 2024, Yuwinn was part of a science-meets-creativity workshop hosted by the University of Stellenbosch and the South-African Research Chair; where he produced climate-change fiction that was published in an oceanic-research anthology in June 2025. In September and October 2025, he participated in a writing residency alongside six African writers at the Johannesburg Institute of Advanced Study (J.I.A.S), where they explored the political roles and responsibilities of poetry and short stories.
You can contact Yuwinn at yuwinnkraukamp@gmail.com regarding potential writing opportunities or projects.
