Ek het half verwag dat hy my sou vra om in ’n soort piramideskema te belê. Ek het myself reggemaak daarvoor dat hy iets aan my sou probeer verkoop. Maar al wat hierdie naamlose mens wou weet was om opreg te vra of daar iets is wat hy kan doen om my te help.
Sy aanbod het my om verskeie redes baie verwar, maar die kern daarvan was ’n diepgesetelde agterdog, het ek eers later besef.
Hierdie man wou net help. Dit was nie ’n transaksie nie. Hy wou bloot welwillendheid betoon.
Ek was nie die eerste persoon in daardie parkeerterrein na wie hy sy helpende hand uitgesteek het nie en waarskynlik ook nie die laaste nie. Daardie dag was ek ’n getuie van ’n onderwaardeerde wonderwerk: een vreemdeling, wat werklik omgee vir ’n ander totale vreemdeling, in ruil vir absoluut niks nie.