Paulet Huis skrywers haal kortlys van UJ-prys vir Afrikaans

Die wenners van die 2026 UJ-debuutprys en die UJ-prys vir Afrikaans is verlede maand bekend gemaak. Boeke van alle genres wat in 2025 verskyn het, waarvan baie by kleiner, onafhanklike uitgewers verskyn, het in aanmerking vir albei pryse gekom.

Die 2026 UJ-debuutprys word toegeken aan Shane van der Hoven vir Kruiper-Crawler, ʼn digbundel wat by Uhlanga Press verskyn het. Die 2026 UJ-prys word toegeken Antjie Krog vir Binnerym van bloed, uitgegee deur Penguin.

Die Jakes Gerwel Stigting is verheug om te deel dat vier van ons eie skrywers die kortlys vir die 2026 UJ-prys vir Afrikaans gehaal het. Dit is reeds ’n prestasie in ons boek! Elkeen van die volgende skrywers het al voorheen inspirasie gevind by Paulet Huis, ons huis van stories in die Oos-Kaap.

Willem Anker

Willem Anker, deelnemer aan die 2024 PEN dit Neer-residensie haal vanjaar se kortlys met sy boek Patmos (Queillerie, Jonathan Ball).

Ryan Pedro, deelnemer aan die 2019 PEN dit Neer-residensie haal vanjaar se kortlys met sy boek Prins (Kwela, Jonathan Ball).

Ryan Pedro
Fourie Botha

Fourie Botha, Paulet Huis mentor haal vanjaar se kortlys met sy boek Kolam (Protea Boekhuis).

Theo Kemp, Uitvoerende Direkteur van die Jakes Gerwel Stigting haal vanjaar se kortlys met sy boek Klein konings (Protea Boekhuis).

Theo Kemp

Ons is trots op ons Paulet Huis skrywers! Dankie dat julle jul talent met die wêreld deel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *