Paulet Huis skrywer ontvang Akademieprys

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig het vroeër vanjaar die wenners van die gesogte Akademiepryse vir 2026 aangekondig. Die Jakes Gerwel Stigting is verheug om te deel dat die Eugène Maraisprys vir Poësie aan Lynthia Julius toegeken is!

Die SA Akademie se pryse word volgens duidelik omskrewe en gevestigde prosesse beoordeel. Die literêre pryse word op grond van inskrywings deur uitgewers vir spesifieke pryskategorieë oorweeg en deur die onafhanklike Letterkundekommissie beoordeel. Elke lid van die Kommissie lees al die ingeskrewe werke, waarna verslae opgestel, bespreek en oorweeg word voordat daar op kortlyste en uiteindelike wenners besluit word. Die beoordeling fokus primêr op die literêre gehalte van die teks self.

Die Eugène Maraisprys vir Poësie word toegeken vir ’n skrywer se eerste of tweede bellettristiese werk in Afrikaans. Sedert 2023 word hierdie prys jaarliks om die beurt toegeken vir prosa die een jaar en vir poësie of drama die volgende jaar. Ingevolge die reglement van dié prys, kan die prys aan meer as een skrywer jaarliks toegeken word.

Vanjaar word die Eugène Maraisprys vir Poësie toegeken aan Lynthia Julius vir Kinderlê én toegeken aan Alwyn Roux vir weerskyn.

Vind die volle lys van SA Akademie se pryswenners hier.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *