Vyf-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die elfde kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, Dis hoog tyd.
Dit sluit in bekroonde digters, romansiers en kortverhaalskrywers soos Lynthia Julius (Kinderlê) en Gaireyah Fredericks (Een voet innie kabr) asook Keith Oliver Lewis (Blue Boy Lagoon). Al drie van hierdie skrywers was deelnemers aan ons PEN dit Neer-residensie (in 2019, 2023 en 2024 onderskeidelik) by Paulet Huis in KwaNoloji in die Oos-Kaap.



Die bundel word by ’n geleentheid tydens vanjaar se fees bekend gestel. Die wenner van die kompetisie word tydens die geleentheid aangekondig. Die publikasie van die kortverhaalbundel word ook ondersteun deur PEN Afrikaans. Die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees vind van 3 tot 11 Oktober in die Eikestad plaas. Vind die program op woordfees.co.za en bespreek kaartjies aanlyn by Quicket.
Vind die volle lys van skrywers wat in die kortverhaalbundel verksyn hier.