Knaap: “Jou eks en die city” deur Tiaan la Grange 

Tiaan la Grange, deelnemer aan die Kommadagga Slypskool in 2024, is ’n jong skrywer in Kaapstad. Sy studies onder leiding van prof. Sally-Ann Murray in kortverhaal skryfkuns tydens sy taal-en-kultuur-kursus was ’n hoogtepunt in sy lewe. Dié ervaring het hom (ná sy honneurs in Frans) gelei tot vryskutwerk vir, en internskappe by, uitgewers soos NB Uitgewers, Penguin Random House en Mirari Press. Skryf is vir Tiaan die medium waardeur die menslike van ons bestaan gedeel kan word en hy droom daarvan om ’n plaaslike uitgewer te word om meer queer stories te vertel — dié van ander en sy eie. 

In sy nuutste artikel op Knaap skryf La Grange oor sy laaste aand in Parys ná ’n jaar in Sjampanje en oor sy nuwe tuiste, Kaapstad – ’n klein stad, maar nie so klein dat net een storie op ’n slag geskryf kan word nie. 

Ek het ’n punt daarvan gemaak om al die plekke wat ek met hom gedeel het, te herbesoek. Om hulle vir myself terug te eis. My pelgrimstog het my nuwe herinneringe met vriende laat maak in die plekke wat my aan hom laat dink het. Dit is iets wat ek vir myself moes doen om in dieselfde stad as my eks te kan leef. Om hier te kan wees sonder dat elke liewe ding in verhouding tot hom – waarvan hy hou en waarheen hy gaan – moes wees. Hierdie stad is vir almal om hulself te vind en te verloor. Dis mos die natuurlike ding vir ’n kleindorpknaap, of hoe? ’n Gedig deur Loftus Marais, “Welkom in Kaapstad”, vang dit goed vas.

Tiaan la Grange

Twee van sy vorige stukke; ’n resensie oor Siya Khumalo se robot-agtige moffies van die toekoms, en ’n brief oor Stellenbosch-imposter-syndrom, jong skrywerskap, en die heling van die verveerproses kan ook op Knaap gelees word.

Klik hier om La Grange se hele artikel op Knaap te lees. 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *