’n Terugblink Kus tot KwaNojoli | Jeffrey Oarasib Hartzenberg

Hulle noem dit “Die Vriendelike Stad” en ook “Die Winderige Stad”. Wel, vir my tweede besoek aan Gqeberha in vyf maande was dit wel vriendelik en daar was geen wind in sig nie.

Dit was nou wel my heel eerste keer wat ek op ’n vliegtuig na Gqeberha gegaan het; en daar was die denke dat ek op Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe deur drie groot olifante ingewag gaan word (OP se rugbyspan in my jonger dae was mos die OP OLIFANTE genoem). Ek moes bieg dat die vlug was uitstekend gewees en dat twee van my medekollegas vir Werkswinkel (Yuwinn Kraukamp en Ursula Juluis) was ook op die vliegtuig; maar ons het mekaar by die Domestic arrivals herken deur net te praat.

Die weer was baie koud en reën het begin val soos ons binne gewag het by die lughawe vir ons vervoer. Ons het lekker gepraat tot ons opgetel was deur Theo Kemp en Gilbert van Zyl van die Paulet Huis en die Jakes Gerwel Stigting.

Die aanbreek van die Werkswinkel was goed; aangesien ek medeskrywers ontmoet het en ook Universteitspersoneel wat in die Kreatiewe Skrywers Spasie is wat ons goeie raad gegee het en toekomstige voorspoede toegewens het. Wat my so inspireer het, is hoe woorde wat jy vaspen/dokumenteer tot verdere kreatiewe skryf kan lei. Ook dat wat vir my uitgestaan het, was die advies wat jy moet doen wanneer jy uitgewer soek om te publiseer; en ook wat aan jou die gevolge draagbaar is wanneer jy wil self publiseer.

Dankie aan die Jakes Gerwel Stigting en Nelson Mandela Universiteit vir die paar dae wat ek daar kon deurbring om my vaardighede op te skerp en ook om net uit jou omgewing te kom om jou kreatiewe prosesse weer te laat aanwakker.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *