130 jaar van die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif
Klyn begin, anhou win!
Dié leuse van Ons Klyntji geld al sedert 1896 toe die destydse taalvegters die titel geskep het as Afrikaans se eerste volwaardige tydskrif. In die 1990’s het Koos Kombuis die tydskriffie laat herleef as ’n spoeg-en-plak-styl zine, en sedertdien is dit aangepass van een stel redakteurshande na die volgende, soos ’n goeie tapyt van een studente digs na die ander verwissel – en hier sit ons nou, voete op dieselfde mat, in 2026, en dis Jaargang 130!
Lees die volle artikel op Klyntji hier.
Skryfwerk en fotografie van vyf Paulet Huis skrywers verskyn in vanjaar se Ons Klyntji zine. Baie geluk aan Naidene Leticia Lottering (Brussel tot Karoo 2025), Danie Marais (Brussel tot Karoo 2023), Alfred Schaffer (Brussel tot Karoo 2025), Theolla Langenhoven (Kommadagga Kortverhaalprojek 2020 & Bosberg Boekskryf 2024) en Tiaan la Grange (Kommadagga 2024). Baie geluk aan ons skrywers!