Die Jakes Gerwel Stigting is verheug om te deel dat Lynthia Julius, Ryan Pedro en Bibi Slippers die kortlyste van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se literêre pryse gehaal het. Al drie hierdie skrywers het al voet gesit in ons Huis van Stories in KwaNojoli in die Oos-Kaap – twee van hulle tydens dieselfde residensie!

Lynthia Julius het deelgeneem aan die PEN dit Neer-residensie in 2019
Ryan Pedro het ook deelgeneem aan die PEN dit Neer-residensie in 2019


Bibi Slippers het deelgeneem aan die Brussel tot Karoo-residensie in 2025
Die LitNet-redaksie deel dat vanjaar die derde agtereenvolgende jaar dat die kortlyste van die SA Akademie se literêre pryse vooraf bekendgemaak word. Die vier kortlyste vir die 2026-inskrywings is pas aangekondig en weerspieël die rykdom en diversiteit van kontemporêre Afrikaanse skryfwerk,
Die SA Akademie se literêre pryse dien as belangrike erkenning van uitnemendheid en as aansporing vir Afrikaanse skrywers om voort te gaan om gehaltewerk in hul moedertaal te lewer. Vanjaar is altesaam 75 inskrywings vir die vier pryse ontvang.
Sien die volledige kortlyste en lees meer oor die pryse se aankondigings op LitNet hier.