A place where stories unfold

Brussel tot Karoo 2024: Die Jakes Gerwel Stigting en Passa Porta se jaarlikse skrywersresidensie

Die Jakes Gerwel Stigting (JGS), in medewerking met Passa Porta, verwelkom aansoeke van skrywers vir die jaarlikse residensieprogram Brussel tot Karoo. 

Jakes Gerwel het sy doktorsgraad in literatuur en filosofie aan die Vrije Universiteit Brussel in België voltooi. Dit is teen hierdie agtergrond wat die Stigting hande neem met Passa Porta, ’n internasionale literatuurhuis in Brussel, om skrywers van verskeie wêrelddele byeen te bring.

Sodoende wil ons graag kruisbestuiwing tussen die werk van skrywers uit verskillende agtergronde teweegbring en die letterkunde – hier en elders – verruim.

Die Brussel tot Karoo-residensie vind plaas vanaf  18 tot 30 Maart 2024 by die 200 jaar oue Paulet Huis, die Stigting se skrywershuis wat geleë is in die sjarmante KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap.

Suksesvol kandidate sal by Vlaamse skrywers Gerda Dendooven en Nele Van den Broeck aansluit vir twee weke se onverstoorde skryftyd by Paulet Huis met sy lowerryke tuine, die sjarmante dorp, die stilte en rustigheid wat die omgewing bied en die bonus van die geselskap van medeskrywers.

Jou aansoek moet die volgende insluit:

  • Motiveringsbrief
  • Duidelike uiteensetting van skryfprojek
  • Voorbeelde van huidige en vorige werk
  • Let wel: ’n Brief van ’n uitgewer wat daarin belangstel om jou werk te publiseer, sal sterk in jou guns tel.

Vereistes en belangrike datums:

  • Beskikbaar vir beide opkomende en gevestigde skrywers
  • Sluitingsdatum: 8 Desember 2023
  • Aankondiging van suksesvolle kandidate: 12 Februarie 2024
  • Kandidate moet reeds met inskrywing bevestig dat hy/sy beskikbaar is vir die residensietydperk: 18 tot 30 Maart 2024

As jy wil deel wees van hierdie opwindende samewerking, waarvan alle kostes gedek word, kan jy aanlyn aansoek doen by die volgende skakels:

Die skryfprogram sluit in:

  • Nasionale retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig
  • Vervoer tussen die lughawe en KwaNojoli (Somerset-Oos)
  • ’n Gerieflike, eie “room with a view”
  • Die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye
  • Skoonmaakdienste
  • Onbeperkte toegang tot die internet
  • Genoeg spasie vir skryf in jou kamer, stil hoekies in die huis en die tuin
  • Geleentheid om sonder die onderbreking van beurtkrag te skryf

Meer oor die program:

Die Jakes Gerwel Stigting bou voort op die noemenswaardige nalatenskap van wyle professor Jakes Gerwel, wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakepersoon.

Lees meer oor:

Die Jakes Gerwel Stigting by www.jgf.org.za

https://jgf.org.za/af/residensies/

Passa Porta by www.passaporta.be

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *