A place where stories unfold

Die Burger/Beeld/Netwerk24: Jy neuk nie met hoender wat warm kry nie

Die afgelope paar maande is daar ’n klein swael­tjie wat gereeld doodluiters by ons agterdeur invlieg. Baie voorbarig gebeur dit weer verlede week, asof dit deel is van haar daaglikse roete, net om soos Maya Angelou se “Caged Bird” paniek te saai wanneer sy besef sy is vasgekeer.

Verlede Woensdag sit my suster se dogters saam met my ouers voor die TV. Die sewejarige se ma noem haar om een of ander rede wat seker maar hulle twee se geheim is Kosie en haar suster is die 16-jarige Alleen Mooi – sommer maar net ’n bynaampie wat terg. Hoekom my pa so aandagtig saamkyk, sal net hy alleen weet, want sy gehoor is glad nie meer wat dit moet wees nie. Ek skat dit is meer die saamwees met die kinders wat hom meevoer en in tevredenheid agteroor laat sit.

 Hulle sit nog so verdiep in die fliek, toe is die gevleuelde besoeker weer in die huis. Chaos! Bloeddorstige gille kom van Kosie, terwyl sy klou soos ’n neet aan Alleen Mooi se trui. Dié sleep arme Kosie amper saam met haar in ’n poging om weg te kom. Bang! slaan die slaapkamerdeur toe agter hulle.

Lees verder hier:

Kommentaar van lesers:

+ posts

Audrey Veronica Jantjies van Suurbraak, net duskant Swellendam, het na skool joernalistiek aan die destydse Skiereiland Technikon studeer, maar kon weens finansiële beperkinge ongelukkig nie haar kursus voltooi nie. Dit was nog altyd haar passie om mense se stories op te skryf. Sy het onlangs ʼn skryfkursus van Ingrid Winterbach bygewoon en dit het haar siening oor die “Afrikaans-wat-ek-ken” en haar manier van dink oor die “Afrikaans-waarmee-ek-kan-skryf” verander. Belangriker is die dringendheid waarmee sy opnuut besef het dat die stories van haar mense – die mense van Suurbraak se wêreld – vertel moet word, want hierdie mense het baie om te sê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *