Luister na die medisyneman

Sondagoggend, ná die reëns van die vorige dag, besluit ek om die pad te vat Suurbraak toe. Die dag is lieflik, die hemelruim wolkloos. Tydloos.
Nadat ek die draai langs Rietkuil gevat het, draaaai my maag toe ek die bordjie sien: !Xairu – a place called paradise. Ek rem instinktief en alles binne my kom tot rus. Alles. Daar is ’n aardsheid omtrent die plek, asof tyd hier gaan stilstaan het.
Ek hou stil voor oom Abraham se huisie. Die blare van die swart olienhoutboom by sy hekkie is in concerto met die voëltjies wat bo in die hoogste takke nestel.
Die reuk van koejawels, gemeng met dié van sitrus, hang losbandig in die lug. Terwyl ek aan die deur klop, volg my oë
die reuk tot by die koejawelboom heel links van my. My kop draai vanself anderkant toe en daar staan die suurlemoenboom. Soos ’n desperate dwelmslaaf adem ek die twee reuke diep in, saam met dié van die aarde.

Lees verder hier:

Audrey Jantjie profile pic
+ posts

Audrey is die skrywer van die bildungsroman, As die Katjiepiering Blom, wat sy onder mentorskap van Suzette Kotze – Myburgh voltooi en deur Kwela Boeke in 2022 gepubliseer is. Sy is huidiglik werksaam as Gemeenskapsverhoudings Bestuurder en spandeer haar tyd tussen haar werk, familie, lees en skryf.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *