Ons is ’n spul lotbeklaers. Elkeen van ons moan oor iets wat pla. En vir elke een wat oor iets erger as my lot kla, sink my empatiese siel dieper en dieper die afgrond in. Dié een se jong seun is op pad na dwelmverslawing, daai een se suster se dogter is swanger in haar matriekjaar. Dié een se broer is ’n willie-werker wat nie sy kinders kan onderhou nie. Ek verbeel my ons lyk soos die voëls wat op die telefoondrade sit en vergadering hou.
Audrey is die skrywer van die bildungsroman, As die Katjiepiering Blom, wat sy onder mentorskap van Suzette Kotze – Myburgh voltooi en deur Kwela Boeke in 2022 gepubliseer is. Sy is huidiglik werksaam as Gemeenskapsverhoudings Bestuurder en spandeer haar tyd tussen haar werk, familie, lees en skryf.
