A place where stories unfold

Valentine’s Day – A Moment of Love

Buffeljagsrivier Library, in conjunction with Buffeljagsrivier Correctional Centre held a Valentine’s Day function for the Book Club for Offenders on 13 February 2025. The library also presented a competition for the best poem or short story, of which the winner was to be announced on the day.

I was honoured to be the speaker for the event, as well as the judge of the poetry and short story competition. The winner’s work cut deep within my being and spoke only the blatant truth, with a little wry humour. This only made the work resonate even deeper within the crevices of my soul. The poem needs some editing, but the talent is blatantly obvious. It reminded me of the work of Nathan Trantraal and Brian Fredericks. Perhaps I am a little too ambitious on behalf of the work, but I know that what I felt whilst reading it was more or less the same thing I feel when reading the works of these two pioneers. I encouraged the audience to read the works of these writers, adding J.M. Coetzee and Ronelda Kamfer to the list as well.

While it is a fact that we cannot save everyone, we can at least try. If we can assist in changing the life of only one person, then we helped to bring about a change for a whole generation.

For me, the highlight of the morning was when Ms Mpume spoke. She said that she was never told “I love you” by her parents and she always wondered why, even when she could see they loved her in the things they did for her and how they raised her. But she always wanted to HEAR them speak the words: I love you.

And I quote her here as she addressed the audience: “So for all of you who had never heard these words, I love you.”

Loud cheers erupted. I have never seen so many men get so emotional over a simple “I love you”, but I sure felt loved and appreciated as well.

Perhaps, I thought driving home, we need to say I love you to our fellow man more often. Maybe we will save lives by simply saying it out loud and showing more love to one another.

The winning poem can be found below. The author’s work is protected by copyright.

But first, please let me share my (Afrikaans) speech with you.


Wat is Vryheid?

Die afgelope tyd het ek baie gedink oor vryheid. Wat is dit? Wat gaan my vry maak van al die laste, en die belangrikste, die denke wat my gevange hou? Want dit is waar gebondenheid begin – in ons denke.

Ek het ook baie gedink aan dit wat my ou Paapetjie altyd vir sy kleinseun gesê het:

“Watter man gaan vir sy kind ’n slang gee, as hy vir hom ’n vis vra?”

Dit is vir my so samevattend van keuse en die tipe mens wat jy kies om te word.

In hierdie geval het die onus op sy kleinseun geval. Hoe gaan hy hierdie raad hanteer wanneer hy dan nou ’n volwassene is? Wat gaan hy kies om op sy beurt vir sy kind te gee. Slang of vis?

En dan, natuurlik, is die klimaks hier wat die kind met die opsies gaan maak.

Die grootste uitdaging wat ons almal op ’n daaglikse basis ervaar is “keuses”.

Want opgesluit in dit wat ons kies, is ons vryheid. Ongeag die situasie waarin ek my bevind, het ek die opsie om my vryheid te kan kies, want sien, my vryheid, my gebondenheid is nooit waarlik opgesluit in my fisiese omstandighede nie, maar in my siel.

Voeg daarby die wete, en glo my wanneer ek dit sê – daar is altyd, altyd, ALTYD iemand wat slegter daaraan toe is as ek, al is my omstandighede ook hoe haaglik!

Niemand, maar niemand, is perfek nie. Almal maak foute. Onvergeeflike foute vir sommige, maar ook hierin lê vryheid opgesluit – vir myself. Wanneer ek fouteer, moet ek die gevolge van my keuses dra. Maar die kruispad hier is – hoe gaan ek vorentoe beweeg sonder om oor en oor dieselfde foute te maak? Want dit is die persoonlikheid, die wese, wat ek nou kom word het.

Audrey Jantjies gives a speech on ‘Freedom’ at the Buffeljagsrivier Correctional Centre on 13 February 2025.

Vir my is die antwoord hier dat ek, eerstens, myself moet vergewe, want alleen dan kan ek na hulle wat ek seer aangedoen het gaan en vir hulle om vergifnis vra. Om uit moeilike situasies uit te kom, gebruik ons soms vergifnis as ’n “escape mechanism” – ons doen dit net om ons op daardie oomblik uit ’n “tight spot” te help.

Vergifnis kan egter uit my mond gespreek word, maar my aksies daarna sal bepaal of ek opreg was.

Vryheid is nie in die fisieke. Dit in die spirituele ryk. Al woon ek in ’n sinkhokkie, al word ek ’n volwassene in daardie hokkie. Al het ek meer as een dag nie kos om te eet nie. Al smag ek na dit wat my vriende het. Al wens ek my ouers kon my beter toegerus het. Al is my lewe loutere hel – het ek nog altyd die vryheid om te kies waar ek wil wees in my denke. En dit gaste, is the sleutel tot ’n goeie lewe op die smal en nou padjie.

Want sodra ek gekies het om myself te bevry in my denke en myself te sien op hoë plekke, dan sal die hulp kom en uiteindelik sal ek kry wat totaal en al “priceless” is – innerlike vrede.

Wonderwerke gebeur daagliks. Dit hang af wat ek kies om as ’n wonderwerk te beskou. Die mooi van die natuur? Die sagte simfonie van reën op my dak, na ’n dag van versengende hitte. Die kraai van die hoenderhaan om die dag aan te dui? Die engel glimlag van ’n baba.

Vryheid gaste, is dus die feit dat ons kan kies.

Ek sluit af met die volgende uit Habbakuk:

“Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan.”


Hier is die wen gedig dan nou:

Tronkdronk
deur ‘offender’

Eendag kom ek in die tronk, en ek staan so rond
Ek kyk op na die dak van die tronk
En ek sien ’n duif, hy sit en hy pronk
Almal kyk rond wat lê op die grond
Wie de hel is die man, hy lyk so bont
En daar staan ek verstom
Op die tronk se grond

Nou dit het begin by ’n button en stop
En my mammie het gekla, my kind hou op!
Wanneer kry jy kop, die tik maak jou befok
Ek sê nou Stompies button kop
Jy sal jou dinge nou moet stop
Jy is dik gerook, dan wil jy nog ’n ander mens se ma se dinges vloek.

Nou sit ek met verwyte
En ek dink aan buite
Oor al my mistyke
My vrinne het my verlaat
Maar soos die spreekwoord sê
When days are dark, friend are few
But try something new, while you still in the queue.

Jy sien elke dag dieselfde mense
Jy kyk deur die venster
Met donker lense
Met verlate drome en wense
Want jy is tronk dronk.
+ posts

Audrey Veronica Jantjies van Suurbraak, net duskant Swellendam, het na skool joernalistiek aan die destydse Skiereiland Technikon studeer, maar kon weens finansiële beperkinge ongelukkig nie haar kursus voltooi nie. Dit was nog altyd haar passie om mense se stories op te skryf. Sy het onlangs ʼn skryfkursus van Ingrid Winterbach bygewoon en dit het haar siening oor die “Afrikaans-wat-ek-ken” en haar manier van dink oor die “Afrikaans-waarmee-ek-kan-skryf” verander. Belangriker is die dringendheid waarmee sy opnuut besef het dat die stories van haar mense – die mense van Suurbraak se wêreld – vertel moet word, want hierdie mense het baie om te sê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *