Ek was onder meer ‘n waitress, ‘n kassier, ‘n bankklerk en op ‘n stadium het ek witmense se huise skoongemaak vir ‘n inkomste. Ek was altyd skaam om mense met die hand te groet, want my palms is vol eelte en kliphard, maar dit is net nog ‘n hoofstuk in my eie verhaal en ek dra die eelte met trots vandag.
Middel 2019, was ek moedeloos, werkloos en in ‘n afgryslik depressiewe staat. Amanda Shackley het aangebied om te betaal vir ‘n skryf kursus met Ingrid Winterbach, ‘n awardwinning writer. Ek het toe uiteindelik as ‘n intern daar ingeval, meer vir die R500 wat die weeklange kursus my sou inbring – ek woon die kursus by en maak vir die ander kursusgangers tee en koffie en was die skottelgoed agterna.
Daardie kursus sou egter aanleiding gee tot waar ek myself vandag bevind, ‘n gepuliseerde skrywer.
- Uit daardie kursus met Ingrid Winterbach, het ‘n kortverhaal gekom wat ‘n jaar later in die US Woordfees bundle gepubliseer was – uit 251 inskrywings, was myne een van 25 wat geplaas was.
- My boek, As die Katjiepiering Blom, het ek in bietjie minder as ‘n maand gefinaliseer want ek moes my woonstel verlaat en ek was oppad na Nederland na my vriendin.
- In Desember van 2020, het ek gehoor van Stevlyn Vermeulen, my uitgewer by Kwela Boeke – hulle stel belang in publikasie maar daar was nog bietjie werk wat aan die manuskrip gedoen moes word en so is ek bekend gestel aan die Jakes Gewerl Foundation, waar ek vir die jaar moes sessies bywoon onder die mentorskap van Suzette – Kotze Myburgh
- My boek is uiteindelik gepubliseer in Feb 2022 – dit was die trotste oomblik van my hele lewe!
- Uit publikasie van die boek, is die volgende besig om te gebeur.
- Netwerk 24 vra vir my om artikels te skryf vir die Burger en Beeld wat dan landwyd versprei word.
- Ek word genooi na boekfeeste.
- Ek het as gas op KLOP verskyn met Heinrich Wyngaardt.
- Ek word gevra om resensies te doen vir ander skrywers se werk vir publikasie.
- Daar was al artikels oor my en my boek in die Huisgenoot, en ander publikasies waaronder die PEN Afrikaanse tydskryf wat Internasionaal gepubliseer word.
- Daar was radio onderhoude met Johan Rademan op RSG en Amanda Botha wat ook ‘n internasionale gehoor het – my boek was voorgelees op RSG.
- My boek word huidiglik voorgeskryf vir Meestersgraad studente aan UCT.
- Ek hoor 2 weke gelede dat my boek gekortlys is vir die Universiteit van Johannesburg se jaarlikse boekprys – dit is ‘n baie gesogte prys en al het ‘n ander skrywer dit opgeraap, is dit nog steeds ‘n enorme eer om saam met Antjie Krog, Loit Sols en Kirby VD Merwe in een sin genoem te word.
- Daar is baie goed wat die afgelope twee jaar gebeur het, wat ek seker uitgelaat het, maar juis! Dit maak nie van my mens.
- Ek het eenkeer vir Theo Kemp, die MD van die Gerwel Foundation gesê: Theo, ek is bang hierdie dinge gaan na my kop toe.
- Toe sê Theo – jy sal nie, jy is te plat op die aarde.
- Uit al bogenoemde, kan ek vir julle sê dat die beste van alles is dat ek my devine purpose gevind het – ek moet ons mense se stories skryf. Dit is ‘n wonderlike, wonderlike gevoel!
Wanneer ek hierdie goed vir my pa wie erge demensie het wys en noem, dan sê hy altyd vir my:
Moenie roem nie man! Roem in God as jy wil roem.
Hows that for bringing a person down to earth!
Lees die hele toespraak hier:
Audrey is die skrywer van die bildungsroman, As die Katjiepiering Blom, wat sy onder mentorskap van Suzette Kotze – Myburgh voltooi en deur Kwela Boeke in 2022 gepubliseer is. Sy is huidiglik werksaam as Gemeenskapsverhoudings Bestuurder en spandeer haar tyd tussen haar werk, familie, lees en skryf.
