“’n Mens lees soms baie moeilik aan Flora, vernaam as soveel dinge omtrent die karakters en hulle leefwêreld aan jou bekend is. Die verhaal het my telkens na my asem laat snak wanneer nóg ’n ramp die hoofkarakter tref. Kan één mens se lewe só vol foltering wees? Tog, hoe onrealisties die romangebeure ook al vir sommige lesers mag lyk, is dit inderdaad die lewenspad wat vele van ons voormoeders moes stap – en steeds stap.Flora-hulle.” Audrey Jantjies
Audrey is die skrywer van die bildungsroman, As die Katjiepiering Blom, wat sy onder mentorskap van Suzette Kotze – Myburgh voltooi en deur Kwela Boeke in 2022 gepubliseer is. Sy is huidiglik werksaam as Gemeenskapsverhoudings Bestuurder en spandeer haar tyd tussen haar werk, familie, lees en skryf.
