A place where stories unfold

Die ware wonde van armoede

“’n Mens lees soms baie moeilik aan Flora, vernaam as soveel dinge omtrent die karakters en hulle leefwêreld aan jou bekend is. Die verhaal het my telkens na my asem laat snak wanneer nóg ’n ramp die hoofkarakter tref. Kan één mens se lewe só vol foltering wees? Tog, hoe onrealisties die romangebeure ook al vir sommige lesers mag lyk, is dit inderdaad die lewenspad wat vele van ons voormoeders moes stap – en steeds stap.Flora-hulle.” Audrey Jantjies

+ posts

Audrey Veronica Jantjies van Suurbraak, net duskant Swellendam, het na skool joernalistiek aan die destydse Skiereiland Technikon studeer, maar kon weens finansiële beperkinge ongelukkig nie haar kursus voltooi nie. Dit was nog altyd haar passie om mense se stories op te skryf. Sy het onlangs ʼn skryfkursus van Ingrid Winterbach bygewoon en dit het haar siening oor die “Afrikaans-wat-ek-ken” en haar manier van dink oor die “Afrikaans-waarmee-ek-kan-skryf” verander. Belangriker is die dringendheid waarmee sy opnuut besef het dat die stories van haar mense – die mense van Suurbraak se wêreld – vertel moet word, want hierdie mense het baie om te sê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *