A place where stories unfold

Ou dae by Paulet 2019: Noord-Kaapse debuut trek jou in soos ’n draairivier

“Engela Ovies is ’n skrywer om dop te hou: Sy het ’n reguit, onweerstaanbare manier om ’n storie te vertel en karakters te skilder. Sy ontketen emosie deur middel van onderbeklemtoning en die leser voel nooit emosioneel gemanipuleer nie.

Die leser se bloed kook oor die onreg wat mense aan ander mense gedoen het. Hoeveel leeftye sal dit verg vir die wonde om te genees? Tog is daar by Sanna min bitterheid. Dit is my een beswaar teen die boek: Hoe maklik sy vergewe sonder dat die ware boosdoener ooit aan die pen gery het, hoe die dors na geregtigheid en vergelding by haar afwesig is, hoe geredelik sy haar lot aanvaar en bloot met haar lewe prober voortgaan: “Soos die ou pyn van die onreg wat my aangedoen is, verdwyn het in die lig van die plaas waar dit begin het,” vertel sy wanneer sy ten slotte teruggaan om te gaan kyk na die plaas waar alles afgespeel het..

Daar is soveel stories in hierdie wye en droewe land. In my soeke na mense se verhale, na medemenslikheid en insig in ander se lot, is hierdie boek ’n klein openbaring. Dis waarom ons lees.” Deborah Steinmair

BIO: Engela Ovies is gebore op 1 Julie 1968 op Onseepkans, ‘n grenspos tussen Pofadder in die Noord-Kaap en Namibië. Sy gaan ook hier langs die Oranjerivier by St. Philomena skool. In 2003 trek sy na Noudonsies naby Augrabies waar sy tans woon saam met haar twee seuns, een dogter en twee kleinkinders. Draairivier is Engela se debuut en verskyn in 2020. 

Draairivier is die eerste boek wat uit die eerste Jakes Gerwel Stigting / NB Mentorskap Program vir Opkomende Skrywers van Fiksie en Nie-Fiksie (2019) gepubliseer is. Hierdie is die eerste resensie oor ‘n Jakes Gerwel Stigting/NB boek.

+ posts

Engela Ovies is in 1968 gebore op Onseepkans, 'n klein dorpie noord van Pofadder in die Noord-Kaap, wat ook as grenspos aan die Namibiese grens dien. As derde jongste van nege kinders, bring sy dan ook haar skooljare hier op die walle van die Oranjerivier deur by Sint Philomena Rooms-Katolieke Skool. Elke dag, na sy van die skool af tuis gekom het, moes sy soos die ander kinders uithelp op die plaas waar hulle gewoon het. Sy woon tans op Noudonsies naby Augrabies saam met haar twee seuns, haar dogter en twee kleinkinders.
Vir Engela is skryf die manier waarop sy haar hartseer oor die dood van ’n suster, haar enigste broer en haar pa kort op mekaar kon uitdruk. Draairivier is Engela se debuutroman wat in 2020 verskyn het na afloop van die mentorskap wat sy van die Stigting, in medewerking met NB-Uitgewers, in 2019 ontvang het. In Draairivier word die deernisvolle verhaal van Suzanna, oftewel Sanna, Jansen se lewensloop in die eerste persoon vertel. Dis die Kersvakansie van haar voorlaaste skooljaar wat bepalend sou wees vir die jong meisie wat saam met haar ouers en haar broer Gert in ’n riethuisie op ’n plaas naby Kakamas bly. Wanneer Sanna die buurseun Johannes op die plaas raakloop, kry sy vlinders in die maag. En dan is daar haar vriendskap met die blonde, verlamde Inge wat soos die sprokie se slapende skoonheid ’n gevangene is in die “groothuis”. ’n Boeiende verhaal van die familiebande, liefde en vriendskap in Sanna se lewe word gaandeweg ontsluit en hou die leser aan die lees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *