Ou dae by Paulet 2019: Noord-Kaapse debuut trek jou in soos ’n draairivier
“Engela Ovies is ’n skrywer om dop te hou: Sy het ’n reguit, onweerstaanbare manier om ’n storie te vertel en karakters te skilder. Sy ontketen emosie deur middel van […]
We use cookies to optimize our website and our service.
Engela Ovies is in 1968 gebore op Onseepkans, 'n klein dorpie noord van Pofadder in die Noord-Kaap, wat ook as grenspos aan die Namibiese grens dien. As derde jongste van nege kinders, bring sy dan ook haar skooljare hier op die walle van die Oranjerivier deur by Sint Philomena Rooms-Katolieke Skool. Elke dag, na sy van die skool af tuis gekom het, moes sy soos die ander kinders uithelp op die plaas waar hulle gewoon het. Sy woon tans op Noudonsies naby Augrabies saam met haar twee seuns, haar dogter en twee kleinkinders.
Vir Engela is skryf die manier waarop sy haar hartseer oor die dood van ’n suster, haar enigste broer en haar pa kort op mekaar kon uitdruk. Draairivier is Engela se debuutroman wat in 2020 verskyn het na afloop van die mentorskap wat sy van die Stigting, in medewerking met NB-Uitgewers, in 2019 ontvang het. In Draairivier word die deernisvolle verhaal van Suzanna, oftewel Sanna, Jansen se lewensloop in die eerste persoon vertel. Dis die Kersvakansie van haar voorlaaste skooljaar wat bepalend sou wees vir die jong meisie wat saam met haar ouers en haar broer Gert in ’n riethuisie op ’n plaas naby Kakamas bly. Wanneer Sanna die buurseun Johannes op die plaas raakloop, kry sy vlinders in die maag. En dan is daar haar vriendskap met die blonde, verlamde Inge wat soos die sprokie se slapende skoonheid ’n gevangene is in die “groothuis”. ’n Boeiende verhaal van die familiebande, liefde en vriendskap in Sanna se lewe word gaandeweg ontsluit en hou die leser aan die lees.
“Engela Ovies is ’n skrywer om dop te hou: Sy het ’n reguit, onweerstaanbare manier om ’n storie te vertel en karakters te skilder. Sy ontketen emosie deur middel van […]
“Die Here sorg vir jou, Flora, al voel dit nie altyd so nie.” Dis 1982 en Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe […]