Ronelda S. Kamfer gesels met Audrey Jantjies oor haar debuutroman, As die katjiepiering blom.
Audrey is die skrywer van die bildungsroman, As die Katjiepiering Blom, wat sy onder mentorskap van Suzette Kotze – Myburgh voltooi en deur Kwela Boeke in 2022 gepubliseer is. Sy is huidiglik werksaam as Gemeenskapsverhoudings Bestuurder en spandeer haar tyd tussen haar werk, familie, lees en skryf.
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
- Audrey Jantjies
Ronelda Kamfer is in Kaapstad gebore en het ’n groot deel van haar kindertyd in Grabouw en haar tienerjare in Eersterivier deurgebring. Sy het haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2011 aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf en haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns in 2019 aan die Universiteit van Rhodes. Haar debuutdigbundel Noudat slapende honde (2008) is met die Eugène Marais-prys bekroon en grond/Santekraam (2011) het ’n Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ’n Jong Stem gekry. Haar derde bundel Hammie het in 2016 verskyn en in hierdie jaar het sy ook die gesogte Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs ontvang. Van haar werk is reeds in Engels, Nederlands, Italiaans en Frans gepubliseer. Ronelda was in 2019 een van die verkose deelnemers aan die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie by Paulet Huis waartydens sy aan haar vierde bundel Chinatown gewerk het. Die verse stel geslagsgeweld, patriargale sisteme, rassisme en armoede aan die kaak met ’n brandende woede teen die wyse waarop hierdie onregte afgemaak, weggepraat of selfs goedgepraat word. Hoewel die verse bedoel om te skok, is daar terselfdertyd ’n deernis vir die uitgelewerde en ’n waardering vir werklike krag.
- Ronelda Kamfer