A place where stories unfold

Kortlyste 2023: kykNET Rapport-resensiepryse

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.

Die Boekresensent van die Jaar-pryse word toegeken vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik. Die twee wenners ontvang elk R45 000.

Die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, sê dat die paneel dit vanjaar geniet het om verskeie uiteenlopende dog wel gemotiveerde menings oor dieselfde boek te lees. “Veral twee tipes resensies het uitgestaan: opvattings wat deur sterk vakkundige kennis en inligting ondersteun word, en geweldig persoonlike benaderings tot ’n boek wat die resensent se belewing van die lees daarvan met emosionele trefkrag oordra. Die relatiewe ruimte wat aanlyn platforms bied, laat resensente ook toe om ruimskoots uit die boek onder bespreking aan te haal, en boeke so vir hulleself te laat praat.”

Die kortlyste is alfabeties volgens skrywer soos volg:

FIKSIE

  • Deborah Steinmair: “Antjie plunder met twee nuwe bundels: Die Vorstin van Vers laat ons binneste ruk deur die sublieme” oor Plunder en Vetplantfeetjies deur Antjie Krog in Vrye Weekblad, 21 Oktober 2022.

Vrye Weekblad – Antjie plunder met twee nuwe bundels

  • Elodi Troskie: “Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie”, LitNet, 31 Augustus 2022.

LitNet – Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen so iets gelees nie

  • Louise Viljoen: “Antjie Krog: ‘Ek vysel taal soos ek wil’” oor Plunder deur Antjie Krog in Rapport Weekliks, 30 Oktober 2022.

Rapport Weekliks – Antjie Krog: “Ek vysel taal soos ek wil”

NIEFIKSIE

  • Ronelda Kamfer: ’n Resensie van ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver in Tydskrif vir Letterkunde, Uitgawe 59, 202

Tydskrif vir Letterkunde – ’n Baie lang brief aan my dogter

  • Lindie Koorts: “Dié geskiedenis moes eerder ’n roman wees” oor Wieg deur Joan Kruger. In Rapport, 11 Desember 2022.

Rapport – Dié geskiedenis moes eerder ’n roman wees

  • Theodore Rossouw: “Twee lewens deur Elise Bishop, ’n resensie”, LitNet, 21 November 2022

LitNet – “Twee lewens” deur Elise Bishop, ’n resensie

Bibi Slippers se medekeurders was Azille Coetzee en Kirby van der Merwe.

Die wenners word op Saterdagaand 23 September 2023 in Kaapstad aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse.

+ posts

Elodi Troskie is ’n 24-jarige skrywer en die inhoudsredakteur van die onafhanklike Afrikaanse webjoernaal Klyntji.com. Sy het grootgeword aan die Weskus, in die Sederberge en ook in die Witzenbergstreek. Sy woon op die oomblik in Kaapstad. Sy is besig met haar honneursgraad in Engels en fokus op ekokritiek. Haar werk as inhoudsredakteur sluit kopieskryf, redigeer- en vertaalwerk in. In beide haar akademiese en redaksionele doelstelling is daar ’n verwerping van ’n dualisme tussen natuur en kultuur. Van haar gedigte het in Nuwe Stemme 6 verskyn.

+ posts

Ronelda Kamfer is in Kaapstad gebore en het ’n groot deel van haar kindertyd in Grabouw en haar tienerjare in Eersterivier deurgebring. Sy het haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2011 aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf en haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns in 2019 aan die Universiteit van Rhodes. Haar debuutdigbundel Noudat slapende honde (2008) is met die Eugène Marais-prys bekroon en grond/Santekraam (2011) het ’n Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ’n Jong Stem gekry. Haar derde bundel Hammie het in 2016 verskyn en in hierdie jaar het sy ook die gesogte Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs ontvang. Van haar werk is reeds in Engels, Nederlands, Italiaans en Frans gepubliseer. Ronelda was in 2019 een van die verkose deelnemers aan die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie by Paulet Huis waartydens sy aan haar vierde bundel Chinatown gewerk het. Die verse stel geslagsgeweld, patriargale sisteme, rassisme en armoede aan die kaak met ’n brandende woede teen die wyse waarop hierdie onregte afgemaak, weggepraat of selfs goedgepraat word. Hoewel die verse bedoel om te skok, is daar terselfdertyd ’n deernis vir die uitgelewerde en ’n waardering vir werklike krag.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *