A place where stories unfold

MOET NOOIT VI UNCLE MARTY LIEG OO MATRIEK EXEMPTION NIE

Dit was net na ek en my brasse ôs matric results in 1981 oppie posters tienie Cape Argus gebou innie Kaap gat kykit. Ek was nog diep babbelas vannie Party oppie perrare die vorige aand ennie trip trug innie dêrreklaswaentjie na Tiervlei stasie was woelag met kopoepskiet doppe. 

Die son brand al vroeg oggen soes ôs slinger affen De La Rey tot in Eerstelaan mette links jika by Wepnerstraat enne regs jika na ôs djaart innie siewendelaan. Die wynswiet tap en hie en daa skiet ‘n bra ‘n kat mette spuitmamok. 

Uncle Marty is wild oppie damstafel met sy mirrelkaat hoeg in sy vuis om ‘n milo te slaan toe hy ôs sien. Hy vries, amal vries, en even die dams vries in suspense. 

“JEREMY!” skrie hy, “Het djy ge-pass mette extension soelat djy ienievarsity toe kan gat?”

“Ja Uncle!” antwood ek.

“Moeite liegie, ek gat check innie koerant. Die waareit en fokol annes sie.” Sy kaat hang nog vas innie lug.

My niefie Riekie beginte worry, kap my innie ribbes en fluister, “Moetie liegie, djy hettie ‘n exemption nie.”

“Okay,” sny Uncle Marty, “duwelle drare wat shock.” Hy moer sy ou-drie oppie tafel lattie dams spat en skrie, “Milo!”

Later daai dag soek Uncle Marty my wild oppie djaard want Riekie het gepiemp. Uncle Marty wil my moer, maa ek het safe gekap. Sy vrou Tietie hettie storie opgeklaar. Ek hettie geslaag mette exemption nie, hy het my vekeed vistaan. Ek het net-net matric geslaag en as ek ‘n exemption wil hê sal ek virre extension mette supplementary in siekere vakke moet vra om oo te skryf.

Dankie oorle Tietie, ek het nie vi daai extension virre supplementary gevra nie maa nog one way varsity by UWK geloep, ‘n Ingels teacher gewôd, op Robben Eiland gat mang, boeke geskryf, enne Generaal Majoor in die Suid Afrikaanse Polisiediens gewôd.

Dankie oorle Uncle Marty en by the way, in my niewe boek ‘INTO DARK WATER’ oo my tyd innie polisie skryf ekkie waarheit oo my matriek pass soesit is. In Ingels nogal, en net soes Frank Sinatra sing in ‘I Did It My Way’:

“I saw it through without exemption”.

+ posts

Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *