A place where stories unfold

DAAI MK TROEPIE WAT DAAR LANGS DIE GRENSDRAAD STAAN!

Haai oe liewe luisteraars, hoe neem die heimwee my nou terug na die dae van Tannie Esme Euweraad op Springbok radio en haar opkikker program vir ons seuns op die Grens. Hoe vrolik trots het ons saamgesing op die maat van haar progam se deuntjie oor – “Daai troepie wat daar langs die ryveilig teken staan.” Om nie nog te praat van die lieflike boodskappe aan ons troepies en die Suiderkruisfonds se geskenk pakkies met ‘n Swiss Army knipmes en die Nuwe Testament bybel!

“Aan ons geliefde seun Joffel wie nou al sy tiende toer in Caprivi vir ons land en volk doen. God seën jou R1 aanvalsgeweer en hou jou Swiss Army knipmes slaggereed as jou RI strem. As dit ook vaal trek maar die Nuwe Testament nader en begin bid! Liefde – van Ma, Pa en van almal hier op die plaas behalwe ons kommunistiese terroritiese plaaswerkers”, kan ek nog vir Tannie Esme in haar NG sustersvereeniging stem hoor koer.

Maar die is nie daardie storie nie! Hoe inklusief sou dit nie gewees het nie as Tannie Esme ook ‘n Auntie Joanie vannie Elsies op haar program gehad het. Ek kan my indink  dat Antie Joanie vannie Elsies sou dinge anders gestel het. ” ‘n Spêsil Viva vi ôsse klong vannie Elsies mettie MK-naam Ché Goevaara. Mag gie djirre of Karl Marx jou pad narrie grens blinkskoon vie. Seëninge val jou AK47 bo en hou jou grenaat ready as die AK jêm. As dittie wêkie gryp jou manual “The War of The Flea : A Study of Guerilla Warfare Theory and Practice” en begin lees! Stap syf my laatie – van jou Tanie en Tôrpie en amal hie innie Elsies behalwe daai boere vannie Parow.”

Soe kô ôs change die mu! Kô sing saam oo daai anne troepie wat daar deur die grensdraad sluip!

+ posts

Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *