Nourie annedag is ek innie Elsies, maa is ‘n hele anne Elsies vanne parallel universe. Amal praat Ingels!
Nou die een laaitie wat wil wiet van Kaaps as oertaal virre skooltaak, vra my om ‘n paar dinge te translate.
“Boeta Djê, how do you say, I have back pain in Kaaps?”
“Ek hette rug,” sê ek.
“And a neck pain Boeta Djê?
“Ek hette nek.”
En soe gat ôs deur allie kwale wat hy kan uitdink todat ek die moerin raak.
“Look, it’s very simple. In Kaaps, the name of the part or organ of the body where the medical problem is located, becomes the name of the medical problem. Got it?”
Hy raak toe heel ziemzam en na ‘n ongemaklike gekriewel vra hy:
“Boeta Djê, how do you say, I have erectile dysfunction in Kaaps?”
“Ek vistaan nie daai groot Ingelse woore nie, gat vra vi jou ma.”
Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.