Paulet House is buzzing with young theatre makers and their creativity!
Dit is ‘n voorreg om soveel talent en passie onder een dak te kan hê! Die NATi Jong Sterre is hard aan die werk aan hul teatertekste, wat volgende jaar op die Suidoosterfees sal debuteer. Dankie aan ons begeesterde mentor: Lee-Ann van Rooi.
Besoek www.jgf.org.za om te sien waarmee die Jakes Gerwel Stigting alles doenig is.
Om die tafel in die perdekar-huisie is: Mikayla Brown, Cara Rossouw, Lee-Ann van Rooi, Miché van Wyk, Miliswa Mbandazayo en Geralt Cloete, (Foto: Theo Kemp)
Lee-Ann van Rooi se foto’s:
NATi Jong Sterre mentor Lee-Ann van Rooi buite die nuwe skrywers alteljee wat geleë is in die ou perdekar-huisie.
Op die lughawe: Lee-Ann, Geralt, Mikayla, Cara, Miché en Miliswa
Miché, Miliswa en Mikayla, besig met hulle toneelstukke.
Theo obtained his master’s degree in creative writing at Stellenbosch University. He has been involved with various projects in the arts before in his role as, among others, project manager of the Woordfees, advertising coordinator at NB Publishers, programme manager at the KKNK as well as at the Vrystaat Literature Festival and as executive director of the Breytenbach Centre in Wellington.
Theo is the author of two novels, Skool and Strafjaart.
Lee-Ann van Rooi is nie net bekend en gewild by gehore vir haar uitstekende toneelspel nie, maar ook weens haar integriteit, veelsydigheid en bydrae tot die bedryf oor ’n loopbaan van reeds meer as 25 jaar. Sy is ’n veelbekroonde, hoogs ervare aktrise, regisseur en vervaardiger en word gereken – plaaslik en internasionaal – in film, televisie, teaterwerk, poppespel, die akademie en radiowerk. Vir Lee-Ann gebeur alles deur die vertel van stories en hierdie benadering het haar een van die mees ikoniese Suid-Afrikaanse storievertellers gemaak. En miskien verduidelik dit die sukses wat sy het om volhoubaar spelers en ontvanklike gehore te kweek. In haar bydraes as regisseur strewe sy daarna om ’n ander perspektief te gee, om die marge in te sluit, die norm te bevraagteken.
Jakes Gerwel-gespreksreeks by die SuidoosterfeesAangebied deur die Jakes Gerwel Stigting die ATKV en Netwerk24 In samewerking met Tafelberg, Penguin Random House SA, […]