NATi Jong Sterre 2023 Miché van Wyk, Cara Rossouw, Miliswa Mbandazayo and Mikayla Brown wrote this song for Paulet.
On the eve before leaving Paulet House, they sang their dedication to the grand ol’ dame who gives so many writers nurturing space to just write their stories, sing their songs, to speak their lines and breathe in inspiration.
~
49 Paulet house
Mountains, cows and waterfalls
This place a creative call
~
Here at Paulet house
The place
Where concepts are penned down
Our stories can fly now (x2)
Paulet House (x3)
~
Hier wa oom Jake(sie) gekom het
En wa Auntie Phoebe donate het
Vi die stories wat os vertel (x2)
~
Here at
Paulet House (x3)
Video: Lee-Ann van Rooi
NATi Jong Sterre is die ontwikkelingsprojek wat jaarliks deur die Jakes Gerwel Stigting, Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), Suidoosterfees en Artscape aangebied word. Miliswa, Mikayla, Cara, Miché en Geralt is tans besig met die skryf van hul toneelstukke onder die mentorskap van bekroonde teatermaker Lee-Ann van Rooi. Hulle toneelstukke sal debuteer by die 21ste Suidoosterfees by Artscape in Kaapstad in 2024.
NATi Risings Stars is the development project which is presented annually by the Jakes Gerwel Foundation, National Afrikaans Theatre Initiative (NATi). Suidoosterfees and Artscape. Miliswa, Mikayla, Cara, Miché and Geralt are currently busy refining their plays under the mentorship of acclaimed theatre-maker Lee-Ann van Rooi. Their plays will premiere at the 21st Suidoosterfees at Artscape in Cape Town in 2024.
Miché van Wyk is ʼn aktrise, digter, skrywer en kabaretvertolker van die klein Namakwalandse dorp Steinkopf. Tydens haar dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch het sy deelgeneem aan verskeie departementele produksies, insluitend At her feet deur Nadia Davids. Sy het haar honneursgraad in drama met spesialisasie in kabaret in 2022 behaal en haar navorsingsprojek het gehandel oor die insluiting van die Namataal en -kultuur in Afrikaanse televisie. Sy is ook genomineer vir die Fleur du Cap teaterprys vir die mees belowende student. Vanjaar het sy die kabaret Is als oraait by die huis van die Here? geskryf wat by die Adam Small-teaterkompleks opgevoer is en sy het die hoofrol vertolk in Jantjies and the Pearls wat te sien was by die KKNK en die Suidoosterfees.
Miliswa Mbandazayo is an actress, playwright, poet, writer and theatre maker based in Cape Town. In 2021 she obtained her honours degree in theatre and performance from the University of Cape Town. Locally, she acted as stage manager for Manyano Media’s Black Girl Live (2021) and as assistant stage manager for Matthew Wild’s Die Sewe Doodsondes (Woordfees, 2022). She has also toured overseas to France (Festival d’Avignon, 2021 and Théâtre Nanterre-Amadiers, 2023), Spain (Festival Grec, 2021) and Germany (Africologne, 2023) as stage manager for Brett Bailey’s Samson. In 2022, her own short play Oh! featured in the African Women Playwrights Network’s Ghana Festival. She recently acted as scriptwriting and production mentor for the Zabalaza Festival and will provide dramaturgical support for the Baxter Theatre’s upcoming isiXhosa setwork production later this year.
Mikayla Brown is a 23-year-old freelance artist based in Cape Town. She completed her undergraduate drama studies and her honours degree in creative writing at Stellenbosch University. In 2022, a children’s story she wrote was one of the winners in the Nali’bali and Standard Bank Literacy Month Competition. She also wrote and directed her first play Jantjies and the Pearls for the Stellenbosch University’s Première Theatre Festival in 2022. Mikayla has just completed a writer’s internship at Tomas Films. She believes that her whimsical texts offer audiences the freedom to rethink societal flaws in a way that ushers in hope.
Cara Rossouw het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2022 by die Universiteit Stellenbosch verwerf. Tydens haar studies het Cara aan talle teaterproduksies deelgeneem en verskeie rolle vertolk, insluitend dié van stemaktrise, kabaretvertolker en verhoogbestuurder. In dieselfde jaar het sy haar enkelsnit Ontken vrygestel en ook die eenvrou-kabaretvertoning Adapt or Die geskryf. Cara skep tans digitale video-inhoud vir bemarkingsdoeleindes en vryskut as sanger, liedjieskrywer, dramaturg en aktrise.
Lee-Ann van Rooi is nie net bekend en gewild by gehore vir haar uitstekende toneelspel nie, maar ook weens haar integriteit, veelsydigheid en bydrae tot die bedryf oor ’n loopbaan van reeds meer as 25 jaar. Sy is ’n veelbekroonde, hoogs ervare aktrise, regisseur en vervaardiger en word gereken – plaaslik en internasionaal – in film, televisie, teaterwerk, poppespel, die akademie en radiowerk. Vir Lee-Ann gebeur alles deur die vertel van stories en hierdie benadering het haar een van die mees ikoniese Suid-Afrikaanse storievertellers gemaak. En miskien verduidelik dit die sukses wat sy het om volhoubaar spelers en ontvanklike gehore te kweek. In haar bydraes as regisseur strewe sy daarna om ’n ander perspektief te gee, om die marge in te sluit, die norm te bevraagteken.