Wat ‘n groot voorreg is dit nie om as ‘n NATI-jongster aangewys te word nie. Dat daar in ons jong stemme ge-invest word en aan ons ‘n platvorm gegee word om werk te skep. Om mentorskap te kry wat ek weet ek vir ewig sal kan gebruik.
Alles goed en wel maar hier is die storie. Ek had mos nog nooit gevlie nie. Ooh my Mamma! Ek was op my senuwees jong. Ek hou mos maar van die grond. Plat op die aarde sal jy my kry. Die dag van ons vlug breek aan en ek het ń hele chill pil gedrink. Jy weet sodat ek net gegrond op een of ander vlak kan voel. Ons is ready vir take off en Mamma Lee het mooi my handjie vas gehou en ek het veilig gevoel. Ons het toe ‘n hele ekstra paar minute in die lug rond gedwaal want die wind kon hom mos toe nie gedra nie. Eish! Maar ons het geland. Dankie Here.

Ons is ready vir take off en Mamma Lee het mooi my handjie vas gehou: Mentor Lee-Ann van Rooi, Geralt Cloete, Mikayla Brown, Cara Rossouw, Miché C. van Wyk en Miliswa Mbandazayo. (Foto: Lee-Ann van Rooi)
Ons kom toe by Paulet huis aan en WOW! Ons is uiteindelik hier. Ek is uiteindelik hier. Ek het mos al van verlde jaar af gedroom om in te skryf vir die program. Ons is so warm verwelkom deur Theo en Gilbert die sjef, wie ons aandete wat vir ons gewag het voor berei het. Ooh! Dit was smaaklik. Ons is ‘n lekker groepie. Ons lag en leer mekaar ken om die etenstafel. Ons het insigewende en fruitfull gespreke.
As ons gelukkig is kom sit Nompumalelo ook aan tafel vir aandete. Sy deel met ons stories oor die omgewing en die skole in die omgewing. Haar hart en werk lê by die kinders, hulle opvoeding en hulle groei.

Met Jakes Gerwel Stigting Boeke-projekleier in Somerset-Oos, Nompumelelo Sokoyi tussen Mikayla en Miché. Agter staan van R-L: Lee-Ann, JGS uitvoerende direkteur Theo Kemp, Miliswa, Cara en Geralt. (Foto: Nash van Zyl)
Soggens na ontbyt stap ons deur die dorp want Gilbert sorg behoorlik dat ons genoeg het om van te eet. As Jongsterre kan ons rerig nie bekostig om te rol teen die tyd wat ons plays show by Suidoosterfees nie. Maar ons soek fietse. Ons het die idee in ons kop gekry dat ons verder die dorp kan verken as ons wiele het.
Maar hier is nog ‘n ding dis net koei en perd en appies wat in die straat is. Miskien is die fietse glad nie ń slegte idee nie want as die diere ons wil jaag sal ons vinniger kan weg kom.

Soggens na ontbyt stap ons deur die dorp want Gilbert sorg behoorlik dat ons genoeg het om van te eet: Cara, Miché en Mikayla.
Kyk en hier sing ons ook behoorlik, van koortjies na bekende songs tot selfs goed wat ons op die spot opmaak. Sjef Gilbert se seun Nash begelei ons met sy kitaar.
Ek is ook gedurig in die kombuis. Soek inspirasie vir my storie. Ek het nou al brood gebak en ons probeer nou nog om suurdeeg te maak. Hopenlik sal ons ń brood gebak kry voor ons moet terug gaan.

Ek het nou al brood gebak en ons probeer nou nog om suurdeeg te maak: Miché en Sjef Gilbert.
Die huis is mooi en lewendig. As ons na ‘n sessie weer sien dan brand die kaggel om ons warm te hou. Oom Jakes se foto’s is ook oral om die huis. Hy loer om elke hoek en draai smaak so hy hou dop en maak seker ons skryf ons stories. Dis ook lekker om te weet dat al my Nanas al hier was. Nana Audrey, Deidré, Veronique, Lynthia en Tiffany. Julle inspireer my.
By al die vensterbanke wemel daar Ladybugs. Ek wil glo dit is die goodluck wat ons en ons stories omring. Ons lag en skryf en Mamma Lee hou nou nog ons handjies vas. Dit is lekker om hier te wees. Ek is dankbaar.

In die perdekar huisie: Ons lag en skryf en Mamma Lee hou nou nog ons handjies vas. Dit is lekker om hier te wees. Ek is dankbaar.

Miché, Geralt en Cara en een van Prof Jakes se vele skilpaaie wat te siene is by Paulet.

By al die vensterbanke wemel daar Ladybugs. Ek wil glo dit is die goodluck wat ons en ons stories omring.
Video: Maar hier is nog ‘n ding dis net koei en perd en appies wat in die straat is.
Miché van Wyk is ʼn aktrise, digter, skrywer en kabaretvertolker van die klein Namakwalandse dorp Steinkopf. Tydens haar dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch het sy deelgeneem aan verskeie departementele produksies, insluitend At her feet deur Nadia Davids. Sy het haar honneursgraad in drama met spesialisasie in kabaret in 2022 behaal en haar navorsingsprojek het gehandel oor die insluiting van die Namataal en -kultuur in Afrikaanse televisie. Sy is ook genomineer vir die Fleur du Cap teaterprys vir die mees belowende student. Vanjaar het sy die kabaret Is als oraait by die huis van die Here? geskryf wat by die Adam Small-teaterkompleks opgevoer is en sy het die hoofrol vertolk in Jantjies and the Pearls wat te sien was by die KKNK en die Suidoosterfees.
