Vrye Weekblad: Met ’n hupstoot van Jakes Gerwel

“DIE beste manier om te sê wat die verblyf in Paulet Huis vir my beteken het, is om te verduidelik waar ek was teen die tyd toe ek vir dié Jakes Gerwel-skrywersresidensie in die Oos-Kaap aansoek gedoen het.

Die middeljarige vasvalpunt wat ek bereik het, was een waar hope ander skrywers voor my alleen in ’n stil hoekie aan ’n kombinasie van die sorge van die lewe en spesifieke persoonlike ontoereikendhede wou beswyk onder die oortuiging dat die berg na ’n volgende boek onbestygbaar is.

Dis die doldrums waaruit Cyril Connolly se The Enemies of Promise (1938) gebore is. Die oorkoepelende tema van dié klassieke boek – ’n eiesoortige kombinasie van memoires en literêre kritiek – is ironies genoeg ’n poging om te verklaar hoe dit gekom het dat Connolly, wat ’n wyd gerekende literator en invloedryke resensent was, nie daarin geslaag het om self ’n beduidende letterkundige werk te produseer nie.

“Whom the gods wish to destroy they first call promising” is een van die reëls daaruit wat by my begin spook het. “There is no more sombre enemy of good art than the pram in the hall”, ’n ander beroemde aanhaling uit die boek, het ook gereeld aangemeld.”

Die weergawe in Vrye Weekblad verskil van Twee onskatbare weke in die Paulet Huis wat in Paulet House Stories verskyn het. Twee ontskatbare weke het foto’s van Danie en sy residensie huismaats.

Vrye Weekblad het videos van die gedigte wat Danie aanhaal in sy storie. .

Lees verder hier:

https://www.vryeweekblad.com/boeke/2023-04-21-met-n-hupstoot-van-jakes-gerwel/

+ posts

Danie Marais is ’n digter, vryskutjoernalis, radio-omroeper en die mediabeampte van die US  Toyota Woordfees op Stellenbosch. Vir sy eerste digbundel, In die buitenste ruimte(2006), het hy die Ingrid Jonker-prys, die Eugène Marais-prys en die UJ Debuutprys ontvang. Sy tweede bundel, Al is die maan ’n misverstand, het die South African Literary Award (SALA) vir Afrikaanse poësie in 2010 gewen. ’n Derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is in 2014 gepubliseer. Pruimtwak & skaduboksers, ’n versameling prosa uit verskillende publikasies, insluitend ’n reeks oor Suid-Afrikaanse randfigure, was op die kortlys van SALA se 2016 Nadine Gordimer Short Story Award. In 2017 het hy die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-prys ontvang.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *