Danie Marais se gedig in Ons Klyntji. Voorgedra by die 12de Digterstuin Fees, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Danie Marais is ’n digter, vryskutjoernalis, radio-omroeper en die mediabeampte van die US Toyota Woordfees op Stellenbosch. Vir sy eerste digbundel, In die buitenste ruimte (2006), het hy die Ingrid Jonker-prys, die Eugène Marais-prys en die UJ Debuutprys ontvang. Sy tweede bundel, Al is die maan ’n misverstand, het die South African Literary Award (SALA) vir Afrikaanse poësie in 2010 gewen. ’n Derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is in 2014 gepubliseer. Pruimtwak & skaduboksers, ’n versameling prosa uit verskillende publikasies, insluitend ’n reeks oor Suid-Afrikaanse randfigure, was op die kortlys van SALA se 2016 Nadine Gordimer Short Story Award. In 2017 het hy die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-prys ontvang.