Is als oraait by die huis van die Here?- ‘n Kabaret_
Niks bly stabiel wanneer die kerk toemaak nie. Auntie Bekkie rook haar longe plat. Suster Frances steel. Die polisie is pateties. Die res neuk ook maar net aan. Alles en almal behalwe die Here is teenwoordig op Kookfontein. Die duiwel is selfs nie eens meer die duiwel nie. Waar sal die gemeenskap se hulp vandaan kom?
Danny het ’n fobie vir roomys. Sy suster Debra sukkel om te slaap en is boonop gepla met Miguel, die man op die maan. Die twee verhuis met maansverduistering, maar Debra vind dit moeilik om alles net so agter te laat. Vrae oor die verlede duik op terwyl die aarde sy plek tussen die son en maan inneem.
Brandmerk is moontlik gemaak deur selcouth productions en woordfees.
Jantjies and the Pearls is set in District Six and portrays the devastating effects of the forced land removals on the community. You are bound to cry, laugh and learn something new about the beautiful but painful history of District Six. We hope to see you there!
“Pieces of Her” is a compilation of stories told by South African women. We asked them various questions – “what is the first thing you do when you get home”, “what is your relationship with your reflection” etc – to gain insight into their lives. After many laughs, tears, goosebumbs and “oh my word, SAME!” moments – our show was born.
Miché van Wyk is ʼn aktrise, digter, skrywer en kabaretvertolker van die klein Namakwalandse dorp Steinkopf. Tydens haar dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch het sy deelgeneem aan verskeie departementele produksies, insluitend At her feet deur Nadia Davids. Sy het haar honneursgraad in drama met spesialisasie in kabaret in 2022 behaal en haar navorsingsprojek het gehandel oor die insluiting van die Namataal en -kultuur in Afrikaanse televisie. Sy is ook genomineer vir die Fleur du Cap teaterprys vir die mees belowende student. Vanjaar het sy die kabaret Is als oraait by die huis van die Here? geskryf wat by die Adam Small-teaterkompleks opgevoer is en sy het die hoofrol vertolk in Jantjies and the Pearls wat te sien was by die KKNK en die Suidoosterfees.
Stephren Saayman is ʼn opkomende skrywer, teatermaker en akteur wat afkomstig is van Riversdal in die Wes-Kaap. Hy het sy BA in drama en teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Stephren het reeds in 2018 in sy tweede studiejaar met sy eerste dramastuk Brandmerk by die KKNK ʼn Kanna-nominasie vir beste opkomende kunstenaar ontvang. Sy tweede teks Ek, Eva het die toekenning vir mees innoverende produksie by die Zabalaza Teaterfees in 2020 ontvang. Hy is ook medeskrywer van Heads or Tail(s)? wat as een van die beste produksies by die Zabalaza Teaterfees in 2021 aangewys is. Stephren staan verder ook sy skoene vol as akteur in teaterproduksies soos In Slavenhuis 39 wat in 2019 by die Woordfees gedebuteer het en Mannetjie wat by vanjaar se Suidoosterfees te sien was. Sy televisie-verskynings sluit die reekse Suidooster, Dwaalster en Kompleks in. Met verskeie toekennings van die Departement van Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap agter sy naam, poog hy om met teater genesing vir die siel en uitdagings vir die denke te bring.
Daar is niemand soos jy nie. Elkeen is hier op aarde geplaas met haar eie unieke doel. Gebruik dit tot voordeel van jouself, hulle rondom jou en hulle wat na jou hier gaan wees.