A place where stories unfold

Stephren Saayman

Stephren Saayman is ʼn opkomende skrywer, teatermaker en akteur wat afkomstig is van Riversdal in die Wes-Kaap. Hy het sy BA in drama en teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Stephren het reeds in 2018 in sy tweede studiejaar met sy eerste dramastuk Brandmerk by die KKNK ʼn Kanna-nominasie vir beste opkomende kunstenaar ontvang. Sy tweede teks Ek, Eva het die toekenning vir mees innoverende produksie by die Zabalaza Teaterfees in 2020 ontvang. Hy is ook medeskrywer van Heads or Tail(s)? wat as een van die beste produksies by die Zabalaza Teaterfees in 2021 aangewys is. Stephren staan verder ook sy skoene vol as akteur in teaterproduksies soos In Slavenhuis 39 wat in 2019 by die Woordfees gedebuteer het en Mannetjie wat by vanjaar se Suidoosterfees te sien was. Sy televisie-verskynings sluit die reekse SuidoosterDwaalster en Kompleks in. Met verskeie toekennings van die Departement van Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap agter sy naam, poog hy om met teater genesing vir die siel en uitdagings vir die denke te bring.

My baba gaan Toyota US Woordfees toe!

This one made me a Cabaret artist. Is als oraait by die huis van die Here?- ‘n Kabaret_  Niks bly stabiel wanneer die kerk toemaak nie. Auntie Bekkie rook haar […]