Ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape
Die fix
Met Carlo Daniels en Ané Koegelenberg
Teks: Moniq Gouws
Regie: Amelda Brand
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 30 April 19:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
https://tickets.computicket.com/event/die_fix/7208560/7208564/109872
Michael doen cocaine. Jodie doen mushrooms. Hulle doen mekaar. Hallusinasies is heeltyd teenwoordig. Baie dinge moet gefix word, húlle ook. In die oerwoud van hul sitkamer saboteer Michael en Jodie mekaar met die belofte: “Ek gaan jou fix!”
Michael does cocaine. Jodie does mushrooms. They do each other. Hallucinations have become a daily routine. Many things need fixing – Michael and Jodie too. In the jungle of their living room they sabotage each other with the promise: “I will fix you!”

Moniq Gouws het in 2019 ’n BA in Taal en Kultuur aan Universiteit Stellenbosch verwerf, en is tans ’n honneursstudent in Drama en Teaterstudies, met kreatiewe skryf as spesialiteit. Sy is ook die houer van ’n Musikale Teater-sertifikaat en het in 2022 deelgeneem aan Humboldt-Universiteit in Berlyn se somerskoolprogram. As jong dramaturg en regisseur het haar tekste toekennings vir beste komedie en beste musiekblyspel by Stellenbosch Universiteit se Toneelfees verower.
