A place where stories unfold

Nathan Trantraal: Die man wattie kinnes vang

Die man wattie kinnes vang – Nathan Trantraal

Fiksie  –  Romans

NB Uitgewers

R 290 (Graffiti Boeke)

https://www.graffitiboeke.co.za/af/391427/Boeke

**Afrikaanse grafiese roman**

In 2021, is Damian De Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel et en hoe die skoolhoof vi hulle gesêrit vanne groot gevaar wat daa byte is. En dat veral boys moet careful wies. Die man wattie media ‘The Railway Ripper’ noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Selfs daa waa Damian as kind gespeel et. ‘n Niewe fear het kom daal oppie Cape Flats ennie soet smaak vanne niewe democracy kom vebitter. Hy praat met Michelle Wakefield – ‘n ex-detective wie deel was vannie taskforce wattie moorde investigate et. Maa soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit. Die man wattie kinnes vang handel oore spesifieke tyd innie Cape Flats, ennie land, se geskiedenis tewyl it oek kommentaar lewer oo ôs hede. Trantraal is mettie Jan Rabie en Majorie Wallaceskrywersbeurs vi die grafiese roman bekroon.

+ posts

Nathan Trantraal, digter, vertaler en rubriekskrywer, is in Kaapstad gebore en getroud met die eweneens bekende digter Ronelda S. Kamfer. In 2008 publiseer Tafelberg die grafiese roman Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit waarvan hy mede-outeur is. Sy debuutdigbundel Chokers en survivors wat in Kaaps geskryf is, het ’n ATKV-Woordveertjie in 2014 gekry en is die jaar daarna met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede digbundel Alles het niet kom wôd het in 2017 verskyn. In 2018 verskyn Nathan se Kaapse vertaling van ’n jeugboek van die bekroonde Amerikaanse skrywer, Jason Reynolds, onder die titel Lang pad onnetoe asook Wit issie ’n colour: Angedrade stories, ’n bundel rubrieke en ander kort stukke. Nathan het onlangs sy meestersgraad aan die Universiteit van Rhodes voltooi. Oolog, wat in 2020 verskyn het, is Nathan se derde digbundel en die werk waaraan hy geskaaf het tydens sy skrywersresidensie by Paulet Huis in 2019. Die residensie is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. In Oolog staan konflik, geweld en oorlogvoering, of dit op nasionale, internasionale, plaaslike of persoonlike vlak gebeur, sentraal. Deur die sterk metriese moontlikhede van Kaaps tot die uiterste te ontgin, verseker Nathan dat die leser nie kan ontsnap aan die geweld van die stories en beelde in sy digterlike visier nie. Tog is daar in hierdie donker werk ’n teenbalans van humor, ligte oomblikke, deernis en menslikheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *