A place where stories unfold

LitNet Stemme: Franklin

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

In Nathan Trantraal se dialoog Franklin vertolk Cantona James en Veronique Jephtas die rolle. Melissa Myburgh was in die regisseurstoel.

Franklin

Die hele dialogue gebee oorie phone. Die setting kan ienage plek was wat die director kies.

Marco: Hello Mammie.

Jane: Issie Mammie nie, is ek. Ek bel van Mammie se phone af. Mammie het gesê ek moet jou lat wiet dat Franklin ooliede is. ’n Accident.

Marco: Wie’s Franklin? Is hy familie van ôs?

Jane: Hoekom sal hy nou familie wies? Onthou jy nie vi Franklin nie? Of is jy al wee aspris?

Marco: My mind soek nou letterlik vi Franklin soes Google. Ken jy dai auto-complete predictive options? Al wat ek kan sien is Franklin van Peanuts. En Benjamin Franklin. Anyway, is kak sad.

Jane: Onthou jy nou? Wiet jy nou van wie ek praat?

Marco: Nuu. Ek sê dan heeltyd vi jou ek wietie.

Jane: Nou vi wat sê jy is kak sad?

Marco: Ek assume is sad. Anneste hoekom sal jy die moeite maak om vi my te sê hy’s dood? Is jy sad? Jy klinkie sad ie. Jy klink annoyed. Hoekom is jy annoyed?

Jane: Issit ie vi jou sad as iemand doodgan nie?

Marco: It issie vi my sad as iemand doodgan wie ek nog nooit van gehoorit ie. Is random.

Jane: Nuu jy is nou net onnorag. Jy speel nou dom.

Marco: It is altyd vi my soe weird as mense behaviour attribute an my wat ek literally nooit doenie. Soes om dom te speel. Ek wiet virre feit ek het nog nooit in my hele liewe dom gespeel ie. Next gan jy se ek’s stil skelm. En ek steel mettie oeg. Some weird, mundane shit.

Jane: It issie norag om als soe diep te maakie. Ek vra maa net of jy wiet wie Franklin is.

Lees verder hier:

+ posts

Nathan Trantraal, digter, vertaler en rubriekskrywer, is in Kaapstad gebore en getroud met die eweneens bekende digter Ronelda S. Kamfer. In 2008 publiseer Tafelberg die grafiese roman Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit waarvan hy mede-outeur is. Sy debuutdigbundel Chokers en survivors wat in Kaaps geskryf is, het ’n ATKV-Woordveertjie in 2014 gekry en is die jaar daarna met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede digbundel Alles het niet kom wôd het in 2017 verskyn. In 2018 verskyn Nathan se Kaapse vertaling van ’n jeugboek van die bekroonde Amerikaanse skrywer, Jason Reynolds, onder die titel Lang pad onnetoe asook Wit issie ’n colour: Angedrade stories, ’n bundel rubrieke en ander kort stukke. Nathan het onlangs sy meestersgraad aan die Universiteit van Rhodes voltooi. Oolog, wat in 2020 verskyn het, is Nathan se derde digbundel en die werk waaraan hy geskaaf het tydens sy skrywersresidensie by Paulet Huis in 2019. Die residensie is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. In Oolog staan konflik, geweld en oorlogvoering, of dit op nasionale, internasionale, plaaslike of persoonlike vlak gebeur, sentraal. Deur die sterk metriese moontlikhede van Kaaps tot die uiterste te ontgin, verseker Nathan dat die leser nie kan ontsnap aan die geweld van die stories en beelde in sy digterlike visier nie. Tog is daar in hierdie donker werk ’n teenbalans van humor, ligte oomblikke, deernis en menslikheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *