A place where stories unfold

Die Teaterprojek Stemme word op LitNet vrygestel

“Zubayr Charles, wat LitNet se Kommadagga-slypskool voltooi het, het Haram geskryf. Quanita Adams was die regisseur en Bianca Flanders en Marunzo Thomas in die rolverdeling. Zubayr sê:

Om by Suid Afrika se cut-throat teaterbedryf in te breek, is ’n groot gejaag. Baie hoofstroom-teater gee nie nuweling-skrywers of -regisseurs ’n kans nie, want ons moet ondervinding hê en ’n naam vir onsself hê, maar almal moet mos êrens begin.

Ek is baie dankbaar teenoor Melt Myburgh en LitNet vir hul volgehoue ondersteuning. Dit is nie altyd maklik om ’n loopbaan in skryfwerk te volg nie, so om ’n klein kans te kry om my werk by Stemme te vertoon, het die wêreld vir my beteken.

Hy vertel dat die grootste les wat hy by die Kommadagga-slypskool geleer het, was dat “as ek ’n storie het om te vertel, moet ek in die storie en myself glo, want an’er mense sal sekerlik nie in my glo as ek nie in myself glo nie. Ek is ewig dankbaar teenoor my mentor, Rachelle Greeff, wat my voortdurend aangemoedig het om my eie deure oop te maak.”

Haram vertel die verhaal van ’n fiktiewe karakter met die naam van Muhammad Gilbert. Hy is 17 jaar oud en verward oor sy seksualiteit. Muhammad kom uit ’n hoë godsdienstige en Islamic familie, en om gay of biseksueel te wees word gesien as “haram” (verbode), maar die dialoog neem ’n interessante draai. Ek was baie geëerd om hierdie storie te vertel.”

Hy sê dit was emosioneel om te sien hoe Haram voor ander mense opgevoer word.

Onthou, ek het ook die dialoog vir die eerste keer gekyk soos almal anders, so dit was ’n nuwe ervaring vir my. In my gedagtes het ek geweet dat sekere aspekte van die dialoog snaaks sou wees, so om die gehoor op verskillende stadiums te hoor lag, het my hart lekker warm lat voel.”

Lees verder hier:

+ posts

Rachelle Greeff, wat haar merk in Afrikaans en Engels gemaak het, was die begeleier van verskeie jong skrywers wat die afgelope agtien maande met gerekende publikasies debuteer het. Rachelle werk in verskeie genres en het al gesogte pryse vir haar kortverhale ontvang. Haar bekroonde toneelstukke Die naaimasjien en Rondomskrik is landwyd gesien en The sewing machine is in 2012 op die Edinburgh Festival opgevoer. In 2002 was sy ’n finalis van The Caine Prize for African Writing, ook “The Baby Booker” genoem. Van haar skryfwerk is ook in Duits, Nederlands en Deens vertaal.

Chase Rhys (1989) is a Cape Town novelist, columnist, playwright and screenwriter. Their debut book Kinnes won the K. Sello Duiker Prize and the kykNET-Rapport Prize in the film category in 2019. Chase’s second book Misfit – stories vannie anne kant, is a compilation of new and reworked stories from his Suikewate column in Rapport.

Nathan Trantraal, digter, vertaler en rubriekskrywer, is in Kaapstad gebore en getroud met die eweneens bekende digter Ronelda S. Kamfer. In 2008 publiseer Tafelberg die grafiese roman Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit waarvan hy mede-outeur is. Sy debuutdigbundel Chokers en survivors wat in Kaaps geskryf is, het ’n ATKV-Woordveertjie in 2014 gekry en is die jaar daarna met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede digbundel Alles het niet kom wôd het in 2017 verskyn. In 2018 verskyn Nathan se Kaapse vertaling van ’n jeugboek van die bekroonde Amerikaanse skrywer, Jason Reynolds, onder die titel Lang pad onnetoe asook Wit issie ’n colour: Angedrade stories, ’n bundel rubrieke en ander kort stukke. Nathan het onlangs sy meestersgraad aan die Universiteit van Rhodes voltooi. Oolog, wat in 2020 verskyn het, is Nathan se derde digbundel en die werk waaraan hy geskaaf het tydens sy skrywersresidensie by Paulet Huis in 2019. Die residensie is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. In Oolog staan konflik, geweld en oorlogvoering, of dit op nasionale, internasionale, plaaslike of persoonlike vlak gebeur, sentraal. Deur die sterk metriese moontlikhede van Kaaps tot die uiterste te ontgin, verseker Nathan dat die leser nie kan ontsnap aan die geweld van die stories en beelde in sy digterlike visier nie. Tog is daar in hierdie donker werk ’n teenbalans van humor, ligte oomblikke, deernis en menslikheid.

Zubayr Charles grew up in the picture-postcard neighbourhood of the Bo-Kaap. He teaches English First Language at the Good Hope Seminary High School and coordinates the school's drama club. At the same time, he is busy with his master's degree in creative writing at UCT. 'I write short stories, but I also consider myself a poet and playwright. In 2019 I showcased my first play dealing with gender-based violence The Battered Housewives' Club.' Zubayr is in the process of self-publishing an anthology of poems on the topic of the gentrification of the Bo-Kaap. Zubayr was hesitant about submitting his work to the Kommadagga panel. 'I have learnt that reading is subjective and people can either really like or dislike one's writing. So, I wasn't sure how the panellists would respond to my submission. When I received the good news, it was humbling because, although I have grown more confident in my writing, I wasn't sure about the reaction I would receive.' The short story he submitted deals with many of the taboos that millennials in Cape Town struggle with and that older and more conservative generations may not necessarily warm towards. 'I feel extremely honoured to be part of this programme and I hope to improve my writing in order to continue sharing the stories of the marginalised in the Cape Town of today.'

Valda Jansen is die skrywer van die roman Hy kom met die skoenlappers waarvoor sy in 2017 die Jan Rabie-Rapportprys ontvang het. Sy is ook die ontvanger van die Jan Rabie-Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2020. Valda Jansen is in Aliwal-Noord gebore en het in die Strand grootgeword. Sy was ’n Duits-onderwyser in Mitchells Plain en die Paarl, voordat sy as joernalis by Die Burger en Beeld gewerk het. Valda Jansen het gedebuteer met die verskyning van gedigte in iQabane Labantu – Poetry in the emergency /  Poësie in die noodtoestand (Taurus 1990). Daarna verskyn haar gedigte ook in die Groot Verseboek (2000 en 2008) en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poësie in ʼn duisend en enkele gedigte (1999). In September 2019 het sy deelgeneem aan die Week van de Afrikaanse Roman in Nederland en Vlaandere. Valda Jansen woon in Kaapstad en gee deeltyds Afrikaans by die UWK.

Kanya Viljoen is ook besig met ’n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk RAAK by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fiësta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir ’n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se Die man en die maan vertel deur ’n kombinasie van bewegingsteater en poëtiese monoloog die magiese verhaal van ’n gesin wat deur die maan verskeur word.

Melissa Myburgh is ’n opkomende aktrise, dramaturg en regisseuse. Sy het haar BA honneursgraad in toneel- en draaiboekskryf in 2020 voltooi. Sy het haar televisiedebuut in 2019 in Lui maar op Belinda gemaak en het die vroulike hoofrol Mika Brink in die KykNET-reeks Kompleks in 2020 vertolk. Melissa was die regisseuse van twee produksies wat in 2018 by die Woordfees gedebuteer het, naamlik Kansel en Deurmekaar. Die hoogs suksesvolle komedie “Bless” die Blou Bal waarin sy in 2020 by die Woordfees gespeel het, is ook deur haar geskryf en geproduseer. ’n Ander hoogtepunt by die Woordfees in 2020 was die nominasie vir ’n Woordfeestrofee vir NiksAllesTogIets waarby sy as medeskrywer en aktrise betrokke was. Melissa poog om gehore terselfdertyd te vermaak en uit te daag deur middel van haar teater. ’n Ideaal waarna sy streef is om toneel te skep wat jonger gehore na die teater toe sal lok en ’n nuwe generasie teatergangers sal verseker.

Miché van Wyk is ʼn aktrise, digter, skrywer en kabaretvertolker van die klein Namakwalandse dorp Steinkopf. Tydens haar dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch het sy deelgeneem aan verskeie departementele produksies, insluitend At her feet deur Nadia Davids. Sy het haar honneursgraad in drama met spesialisasie in kabaret in 2022 behaal en haar navorsingsprojek het gehandel oor die insluiting van die Namataal en -kultuur in Afrikaanse televisie. Sy is ook genomineer vir die Fleur du Cap teaterprys vir die mees belowende student. Vanjaar het sy die kabaret Is als oraait by die huis van die Here? geskryf wat by die Adam Small-teaterkompleks opgevoer is en sy het die hoofrol vertolk in Jantjies and the Pearls wat te sien was by die KKNK en die Suidoosterfees.

Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.

Curtley Pitt het opleiding as akteur by CityVarsity in Kaapstad ontvang. Hy het in verskeie teaterproduksies gespeel, en TV-rolle vertolk in reekse soos Arendsvlei en Discovery se misdaadreeks, Investigation. Hy werk as stemkunstenaar vir oorklankingsproduksies en tree gereeld as seremoniemeester by korporatiewe geleenthede op. Curtley is ook opgelei in fisieke teater en choreografie, en hy is ’n ontluikende dramaturg wat in Afrikaans skryf.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *