A place where stories unfold

LitNet: Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern” (Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing 2023)

Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing
Valda Jansen
November 2023

Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern”

Inleiding 

Vreemde tale, vreemde plekke, vlugte en treinreise. Lang staptogte alleen en soms ook nie, langs onbekende strate in wêreldstede. Dit het die trajek van my lewe bepaal. In dieselfde mate as wat die kettings van my land en my taal ook ’n rol gespeel het.

Die studie van ’n vreemde taal op universiteit het my die woorde gegee om oor my eie lewe te besin in ’n tyd toe dit te moeilik, of selfs onmoontlik, was om dit in my moedertaal, Afrikaans, te kon doen.

Ek moes eers oor ánder mense in ’n ánder taal leer voor ek die woordeskat kon vind om te sê: Ja, dit is ek ook; ek verstaan wat dit is, ek weet wat hulle deurgemaak het; ek het dit aan my eie lyf gevoel.

My opleiding in Duits aan die Universiteit van Wes-Kaapland in die laat tagtiger- en vroeë negentigerjare het ook sterk klem gelê op versweë letterkundes soos dié van die DDR. Dus het ek ’n bewustheid ontwikkel vir die letterkunde wat in hierdie, toe nog, onbekende DDR na die Weste gesyfer het.

Lees verder hier:

+ posts

Valda Jansen is die skrywer van die roman Hy kom met die skoenlapperswaarvoor sy in 2017 die Jan Rabie-Rapportprys ontvang het. Sy is ook die ontvanger van die Jan Rabie-Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2020. Valda Jansen is in Aliwal-Noord gebore en het in die Strand grootgeword. Sy was ’n Duits-onderwyser in Mitchells Plain en die Paarl, voordat sy as joernalis by Die Burgeren Beeld gewerk het. Valda Jansen het gedebuteer met die verskyning van gedigte in iQabane Labantu – Poetry in the emergency /  Poësie in die noodtoestand (Taurus 1990). Daarna verskyn haar gedigte ook in die Groot Verseboek(2000 en 2008) en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poësie in ʼn duisend en enkele gedigte (1999). In September 2019 het sy deelgeneem aan die Week van de Afrikaanse Roman in Nederland en Vlaandere. Valda Jansen woon in Kaapstad en gee deeltyds Afrikaans by die UWK.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *