A place where stories unfold

Suidoosterfees: Jakes Gerwel-gesprekke video – Moerstaāl

Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting, die ATKV en NB-Uitgewers /Kwela

Loit Sōls en Veronique Jephtas se skitterende vertoning

Loit Sōls skryf in Moerstaāl, waaraan hy tydens die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se residensie in 2022 gewerk het, oor sy voorsate en die eerste mense aan die suidpunt van Afrika. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Veronique Jephtas, wat ook voorheen by die Stigting se skrywerhuis aan haar debuutbundel, Soe rond ommie bos, gewerk het, gesels met Loit.

Op 26 April, het Loit dit geskryf oor Moerstaāl,:

NUTSHELL

Inne nutshell is Moerstaāl die purposefully meaningful end-result vanne baie lang process van coming to terms moet twīe underlying realities. Kom ōs isolate hille hīe: Die birth vannie single-mother issue onne local Indigenous folk, ennie ineffective Moeddirtaāl Onnerig system in skoōlle. Ingelyf hīe is: Moeddirtaāl Reclamation; Moeddirtaāl Appreciation; Moeddirtaāl Conscientization; Moeddirtaāl Self-identify; Moeddirtaāl Self-care; Moeddirtaāl Preservation; Moeddirtaāl…Holistic!

MOTHER

Moerstaāl is a mother and wants what mothers want for their little ones’ holistic growth. Two poems exemplify this: “Klem-innie-kaak (pp.41-44), en “geraasie” (pp.30-32 ).

Kom ek quote yt Moerstaāl hasèlf. Hiesse excerpt yt “geraāsie” (vi Les) p.31, sesde verse:

Ek hét sy spirit, speēl saāmme-rit

doen soes Ancient Aboriginal ma doen

celebrate indivisibility

al issit meēsal doggedly

en kyk, kyk, kyk

ways om te engage

te involve

include

embrace

– vesoen –

sōnne jousèlf te veloō

NEVER FORGET

Die most important skryfstill  in Moerstaāl is, “Hy godt wag innie garage.” En sōnne om te veē hīel te viklap; wyssit waārrie single-mother issue geboōrre wōdt onne-rie local Indigenous, nie net annie Kaāp but globally. Never forget: Indigeneity was van day one gelink moet wille dierre; barbarians; cannibals; heidinne; immorality; promiscuity; incest; halwe mēnse; “die oōblyfsils van humanity, toe mēns klaaā gecreate was.”

Moerstaāl issie naāste wat ek nog gekommit annie plek van my being; my Ma se Moer (Of, in mooi, Standaardafrikaans, “my ma se baarmoeder”) , waā-in ek mēns bekommit, waādeē ek eēste klangk kom leē kennit, en waā-yt ek asse citizen van my Moerlandt geboōrre is.

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

+ posts

Loit Sôls is ’n veelsydige visuele kunstenaar, musikant en digter. Hy is die skrywer van die digbundels My straat en anne praat-poems (1998) en Die Faraway Klanke vanne Hadeda (2006) asook, onder andere, die album Serious Kak-praat (2004). Hy het musiekoptredes in verskeie lande buiten Suid-Afrika op sy kerfstok, byvoorbeeld, Nederland, Engeland, Indonesië en Botswana. Van sy gedigte is in ’n aantal bloemlesings opgeneem en ook in ander tale vertaal. Hy is genooi om in 1999 in Nederland aan die Winternachten-poësiefees deel te neem en in 2001 aan die Jakarta International Poetry Reading in Indonesië. In 2021 behaal hy ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan Rhodes Universiteit.

+ posts

Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *