Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
Die Jakes Gerwel-gesprekreeks word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.
Alle gesprekke is gratis, maar bespreek jou sitplek by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Boeke van die betrokke skrywers sal deur Wordsworth by die venue verkoop word.
Kies die lewe
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Ivor Swartz en Haidee Muller
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 30 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
In Ivor Swartz se nuutste boek skryf hy oor sy stryd teen depressie, en pleit dat geen mens veroordeel moet word vir keuses wat hulle in die donkerste oomblikke maak nie. Hy gesels oor neerslagtigheid onder mans en tieners, en reik ’n hand uit na ouers wat ’n kind aan selfdood moes afstaan.

Kies die lewe
Leer dans in depressie
Ivor Swartz
ISBN: 9780796323033
Publisher: Lux Verbi
Date Released: September 2022
Format: Soft cover, 192pp
About this book: Ivor Swartz is ’n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik ‘n sagte hand uit na ouers wat ‘n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.

As ‘n manier om van ondraaglike huishoudelike omstandighede te ontsnap het Ivor in bende-aktiwiteite betrokke geraak as tiener. Hy was verslaaf aan dwelms, het sy meisie verwagtend gemaak, en saam met ‘n vriend sy broer vermoor. Hy was gevonnis tot 6 jaar en 6 maande gevangenisstraf. As gevolg van die invloed wat ‘n onderwyser in die tronk op sy lewe gehad het, het hy besluit om sy skoolloopbaan te voltooi. Hy het sy matriek in die tronk voltooi, en besluit om ‘n beter storie te leef.
Hy is vrygelaat in Desember 2005, en het begin om sy lewe toe te wy om te verhoed dat ander jongmense dieselfde pad stap as wat hy het. In 2019 het hy by ongeveer 80 skole regoor die land gepraat, en stap elke keer weg met groter hoop vir die toekoms van ons land wat in die hande van die volgende generasie le^.
Hy het ‘n graad in Teologie verwerf in 2015, asook ‘n Honneursgraad in Teologie in April 2019. Hy werk tans by NG Oosterlig in Pretoria as jeugleraar, en is ook aktief betrokke by die #IMAGINE Tiener-beweging. Hy besoek jaarliks ongeveer 50-60 skole deur die land, en bring hoop vir die leiers van die toekoms.
Ivor is nou al 5 jaar gelukkig getroud met Nadine, en saam pak hulle die lewe en bediening met groot ywer aan.
- Haidee Muller is die bespreker. Sy is ‘n joernalis en ‘n gewilde omroeper op RSG.