A place where stories unfold

LitNet: Dude, wanneer gaan jy Bakkie kyk?

Onthou julle daai meme wat sê: “Imagine jou ma skep jou kos in ’n bakkie en die bakkie ry weg?” Dis waaraan die titel my laat dink. Nou toe, op ’n koue Maandagaand is ek hier deur Kaap toe met my boeta om Dude! Wa’s my bakkie? te loep kyk. Ek het hom gesê “Ek en jy gaan nou ’n lekker show kyk.” Ek het hom gesê ek en hy gaan lekker lag. Toe wassie show toe lekker, en ôs het baie lekker gelag vir Dean September.

Dude! Wa’s my bakkie? is geskryf deur akteur, kunstenaar en fotograaf Jeremeo Le Cordeur. Le Cordeur vind hom oek innie rol van Dean September innie produksie. Dean van der Ventel behartig die regie. Fyn. Timely. Snaaks.

Hierdie is ‘n storie wat soe bietjie-bietjie hier en baie-baie daar gebaseer is op real-life events. Soes afgelei kan wôd vannie titel, wiet ôs dat ’n bakkie weg is. Dean September vat ôs oppie reis van hoe dit weggeraak het en wys presies hoe spesiaal die bakkie was en hoekô die wegraak daavan soe ’n big deal is. September het ’n “splinternuwe, second-hand” Nissan 1400 gekry vir sy 21st. Dis ’n groot ding, want nie net het hy sy 21st key gekry nie, maar hy hettie keys gekry narie ryding wat al jare in sy familie as waardevolle besitting oorgedra wôd van pa na kind.

Hierdie is ‘n coming-of-age story wat jou op ’n comedic roller coaster vat van liefde, vriendskap, road rage, die first taste van independence en, ultimately, die groot verantwoordelikheid wat gepaard gaan met kar kry en kar behou. Die show maak oek grootliks gebruik van audience participation, wat dit ’n lekker, relaxed vibe gie en eintlik vir jou lat voel jy sit en praat terug of luister na jou uncle se broer se neef se klein boeta se tjommie. Ennie playlist is befok. Soe jy is verseker van ’n nostalgic vibe wat gaan opkô.

Lees verder hier:

+ posts

Veronique Jephtas is 'n drie-en-twintigjarige skrywer, aktivis, digter, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en in kreatiewe skryfwerk gespesialiseer. Sy het haar debuut as dramaturg by die 2020 Woordfees gemaak met die teks Hoe change hulle met Marlo Minnaar, onder leiding van Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Kanna-bekroonde produksie van Malan Steyn Jakkals en Wolf Onbeperk.

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *