A place where stories unfold

Suidoosterfees: Jakes Gerwel-gesprekke video – In my wildste drome

Jakes Gerwel-gesprekke aaagebied deur die Jakes Gerwel Stigting, die ATKV en Vriende van Afrikaans

René Arendse, Lyntjie Jaars, Julian Jansen en Nadine Petrick gesels oor die paaie wat hulle moes stap om uit te kom by hulle droomwerke, of wat hulle in hul wildste drome gedink het nie moontlik is nie. In die gees van Vryheidsdag gesels hulle ook oor hoe vry Afrikaans werklik is. Is die bagasie van die verlede afgeskud? Kan hulle skryf en praat soos hulle gebek is?

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *